advertisement
Question
Posted by: Frennie | 2007/06/04

oog probleem

Hi Doc
Ek het baie swak oë gehad en het so 7 jaar terug 'n Lasik operasie gehad en sien baie beter, maar moet my bril dra as ek wil TV kyk. Ek kan naby sien, nie ver nie. In die laaste tyd is dit baie erger en sukkel ek om selfs op die rekenaar skerm te sien veral as dit klein geskryf is. Ek het veral probleem met my linkeroog (van die begin af na die op) dit is asof daar iets voor my visiepunt inskuif en ek die oog dan moet knip en knip om beter te kan sien. Ek is gediagnoseer met droë oë en moet druppels gereeld ingooi, wanneer ek die druppels ingegooi het en my oog is nog nat dan sien ek vir 'n rukkie baie duidelik, maar dan is dit weer dieselfde storie. Die "Floaters" in my oë is baie lastig en ek weet nie of dit die probleem is nie, my oogkundige het eenmaal gesë myne is nogal baie erg, meer as ander mense s'n. Ek moet seker ook weer my oë laat toets, maar omrede ek nie medies het nie, stel ek uit. Kan dit moontlik 'n katarak wees of is dit maar die floaters?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Frennie
dit kan 'n katerak wees, of net dat jy met die ouderdom jouself nou uit die Lasik uit verander! Hoekom kry jy nie 'n afspraak by 'n oogkliniek by een van die provinsiale hospitale vir 'n oog ondersoek nie - sal baie goedkoper wees?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement