advertisement
Question
Posted by: Saskia | 2008/06/18

Ontbyt

Hallo Doc

Ek hoop doc kan my help.

Wat is die beste ontbyt tussen hierdie drie opsies:
Kelloggs All Bran
ProNutro
Sasko Lae GI brood

Ek wissel die drie af. Een oggend All Bran, een oggend Pro Nutro, een oggend brood.

Maar ek het gewonder watter een die beste is en ook die minste KJ bevat. Of maak die verskil in die drie se hoeveelhede KJ nie werklik saak nie?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Saskia
Die SA Voedseltabelle lys net die voedingswaarde van All-Bran en verskeie soorte Pro-Nutro. All Bran bevat 1038 kJ per 100g en heelgraan Pro-Nutro bevat 1614 kJ/100g. Jy sal die 2 waardes moet vergelyk met die spesifieke soort lae-GI saadbrood wat jy eet (kyk op die etiket) om te besluit watter een het die laagste kJ-inhoud per 100g. Al 3 produkte het 'n lae-GI en bevat dieetvesel, B vitamiene en minerale, dus is hulle min of meer soortgelyk. Dis is oulik dat jy die 3 afwissel vir ontbyt, want dit gee vir jou goeie variasie in jou dieet.
Geniet jou ontbyt
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement