advertisement
Question
Posted by: Onseker | 2007/11/27

Onseker

Hi
Ek was vandag vir die eerste keer by n genikiloog, die man het my helltemal ontsenu, is dit normaal, hy niks verduidelik, en net goed orals ingedruk en na lang ruk gese daar is waterblasies op my eierstooke en pille voorgeskryf,
Ek verstaan dit glad nie ek is 22 jaar oud en sal nooi weer terug gaan na so iemand.
Is almal so of net sekeres?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Onseker
Nee - die man het glad nie "bedside manners" nie! soek asb 'n ander ginekoloog - sommer 'n vrou hierdie keer!
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Dr Bets | 2007/11/29

Liewe aarde! Dit moes omtrent 'n terrible ondersoek gewees het! Die waterblasies wat hy van praat is seker net siste en dit kan normaal ook wees - meeste vrouens het van tyd tot tyd 'n sist op die eierstokke. Jy is oud genoeg om 'n loop of IUD te gebruik, maar dit is nie so betroubaar soos die Pil nie en kan jou kanse vir infeksie verhoog - die Mirena IUD is duur maar meer betroubaar. Ander opsies is om die Depo provera inspuiting te gebruik. 'n GP kan jou help om die regte voorbehoed middel te kies, jy hoef nie 'n gyne te sien nie.

Reply to Dr Bets
Posted by: onseker | 2007/11/28

baie dankie
die ding is net hy die enigst man op ons ou klein platelandse dorpie.
hy niks lappies en goed gebruik, en ek verstaan steeds nie hkm waterblasies op my eierstoke is nie en hoe dit daar kom nie,

Ek is verloof en ja ek en my verloofde is seksueel aktief, toe vertel hy sommer vir my hoe onverantwoordelik ek optree en dat ek hom nie moet kom sien as ek siektes optel nie, ons altwee getrou aan mekaar, en ek als behalwe onverantwoordlik,

Ek wou ook meer weet oor loop want die pil en al sy hormone nie goed, toe se hy net dis vir grootmense bedoel, nie vir kinders wat rondspeel.

Ek sal beslis nie weer gaan of dan liewers as ek op vakansie gaan iemand in stad gaan sien, want ek nog nooit so sleg oor myself gevoel.

Maar dankie cir jou raad, ek baie vriende en familie in kaapstad en sal beslis eers uitvind wie ek moet gaan sien,

Ek voel net sulke dokters moet werklik nie met pasiente werk nie

Reply to onseker
Posted by: Cornel | 2007/11/28

Jy moenie vir ewig 'n skrik in Ginekoloë/Dokters kry nie. Nie almal is so nie. Hy is veronderstel om jou op jou gemak te laat voel, 'n lappie oor jou bors/maag area te gooi as hy goeters wil indruk en ondersoek en hy moet met jou praat sover as wat hy werk en as jy vrae vra, moet hy dit beantwoord.

As jy volgende keer na 'n Ginekoloog toe moet gaan, probeer by jou vriendinne/kollegas uitvind wie hulle gebruik en gaan sien iemand wat 'n goeie verwysing het.

Ons vrouens moet ongelukkig (van 'n jong ouderdom tot ons eendag baaaaie oud is) gereeld Ginekoloë en dokters sien (van sonars, geboortes tot papsmere). Jy sal mettertyd en met die regte Dokter, meer op jou gemak voel en nie so skaam voel nie.

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement