advertisement
Question
Posted by: Jemma | 2004/12/01

Ongeluk - Soek raad

Op 29 Oktober het 'n baie windgat jong mannetjie in my kar vasgery op die N1 Snelweg. Om alles te kroon jaag hy toe weg en ek sit hom toe agterna.

So 5 kg verder vang ek hom toe en toe hy sien dat ek besig is om sy registrasienommer af te skryf, toe trek hy van die pad af.

Gelukkig was daar 'n ooggetuie wat bereid is om as getuie op te tree as ek dalk probleme sou ondervind met die vent.

Wel, die skade was so R1700 en nie die moeite werd om my versekering te gebruik nie. Ek het hom toe gebel en hy't onderneem om die bedrag in 3 paaiemente aan my terg te betaal.

Laas week bel hy my en sê dat sy versekering die geld vir my sal terugbetaal. Ek bel toe dadelik sy versekering en dit klink wel of hulle die geld sal terugbetaal maar die vent het nog nie eers die ongeluk by hulle geregistreer nie so hulle kan niks doen alvorens hy die ongeluk registreer nie.

Die vent het nou nog niks gedoen nie. Ek bel hom elke dag en vra of hy asb. die ongeluk sal registreer sodat ek kan probeer om die geld uit sy versekering te kry en elke dag het hy 'n ander storie.

Maandag het ek vir hom gesê dat ek vandag (1/12) of my eerste deel van die geld wil hê wat hy my skuld of ten minste 'n eisnommer van sy versekering. Wel, ek het nog niks gehoor nie.

Ek wil nou 'n saak gaan maak by die polisie vir roekelose en nalatige bestuur aangesien dit 'n kriminele oortreding is om weg te ry van 'n ongeluk af. Wat dink julle?

Ek soek my geld terug aangesien dit glad-nie my skuld was nie en hoekom moet ek betaal vir iets wat glad-nie my skuld was nie. Al wat hierdie ou moet doen is om die telefoon op te tel en die ongeluk te rapporteer aan sy versekering.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Report the accident to the police ( usually a requirement before any insurance would pay out, anyway ) and include in your statement to the police a request to lay charges against him for leaving the scene of an accident, trying to avoid providing you with his name and details, and his promises to pay for the damage, and his evasions and lies since then, as well as reckless driving, etc. . Let the police sort him out ! And DO lay the criminal charges --- he's only liklely to damage more people until he is forced to learn to be less reckless and irresponsible. Heis bhaviour has been totally pathetic and wrong from the very start

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

9
Our users say:
Posted by: NET EKKE | 2004/12/01

Ja Jemma, dis juis die punt. IF YOU ARE PREPARED TO F---CK AROUND WITH PEOPLE, YOU MUST BE PREPARED TO SUFFER THE CONSEQUINCES.

Moenie te veel worry oor sy tril nie, want jou R 1700-00 is meer werd as dit. Eintlik is hy baie baie gelukkig. Ek gee hom n PENIS ENLARGEMENT en hy betaal my R 1700-00 daarvoor en ek gee dit vir jou. n Plastiese chirurg sal hom R 7500-00 daarvoor gevra het. Kyk maar na die Sexologist se site, elke tweede ou daar wil dit laat doen.

Reply to NET EKKE
Posted by: Jemma | 2004/12/01

NET EKKE, dankie. Ek sal jou beslis laat weet as ek nodig mag kry.

Ag shame, die ou is nog jonk, moenie te hard wees op sy tr*l nie, hy mag hom dalk nog eendag wil gebruik :-)

Reply to Jemma
Posted by: NET EKKE | 2004/12/01

Jemma, as jy nie reg kom nie, sit net sy besonderhede hier op die net en ek sal die geld vir jou kry. Dis my lyn en ja, ek het maar my metodes, maar is nie nou van belang nie.
Wil net sê ek is 6'3" en het al verskeie liggaamsbou kompetisies en kragman kompetisies gewen in S.A Ek probeer nie sê ek is die sterkste man in S.A nie, het selfs n klein sagte gees in my, maar as ek teenstand kry, veral van so n poepol, glo my, dan word ek n vark en sal speel speel hom aan sy voorhekkie ophang aan sy tril.
Miskien as ek hom jammer kry, sal ek net sy tril daar ophang.

Reply to NET EKKE
Posted by: Jemma | 2004/12/01

Dis waar Blackbird maar ek wou nie langer met 'n gestampte kar ry nie en nadat ek 3 kwotasies gekry het en die knaap gebel het, het ek die goedkoopste een gevat en self my kar laat regmaak en daarvoor betaal. Hy het tog gesê hy sal vir die skade betaal en mooi gevra of hy dit vir my kan terugbetaal in 3 paaiemente. En ek weet ook dis nie my verantwoordelikheid om met sy versekering te praat nie maar ek het sommer al vroeg agtergekom dat as ek dit nie self doen nie, ek nooit my geld sal kry nie. En nadat ek vanmiddag by die polisie was, gaan ek môre uitvind waar die hof vir klein eise is want ek sal hom soontoe sleep.

Ek hoor wat jy sê dat ek hom weer moet bel en bietjie skrikmaak maar weet jy, ek dink ek het hom nou genoeg gebel. Ek wil nou hê die volgende oproep wat die seun ontvang is van die polisie.

Hoekom ek so sterk voel oor die saak is no. 1 omdat hy die vermetelheid gehad het om weg te jaag en no.2 ek het ook in iemand vasgery toe ek 20 was en ek het nie versekering gehad nie en was ook maar bie naief en onervare. Toe ek niks van die ou hoor nie, toe ignoreer ek ook die probleem en besluit toe hy het seker maar self vir die skade betaal. Ongeveer 2 jaar later kry ek 'n prokereursbrief en 'n hofbevel dat ek die ou R8000 moes terugbetaal en ek moes al die hofonkoste betaal. Ek het vir 3 jaar lank afbetaal aan daardie skuld. So hoekom moet ek nou hierdie vent laat wegkom?

Reply to Jemma
Posted by: blackbird | 2004/12/01

Jemma, jou beste "legal" uitweg op hierdie stadium is, skakel die seuntjie, en vra hom jy wil net sy id-nommer, sy motor registrasie en sy bestuurs-lesensie konferm, want jy is oppad polisie stasie toe om 'n saak teen hom te maak aangesien hy nou lyk of hy niks doen nie, moontlik "skrik" hy so bietjie wakker.

en in teendeel, jy behoort niks met sy asuransie maatskapy te doen nie, hy het in jou vas gery, hy is skuldig. vir alle intensies moet hy jou cash gee, het jy 3 kwotes vir die herstel. indien, moet hy besluit watter een hy wil betaal, jou die cash gee, of a bank gewaarborgde tjek uitgemaak aan die paneelklopper of wat ook al.

jy behoort glad nie duer al hierdie effort te gaan om dit uitgesort te kry nie.

Reply to blackbird
Posted by: Jemma | 2004/12/01

Blackbird waar kan ek jou kontak, ek het beslis jou "vriende" nodig :-)))))

My man het hom ook al gebel maar hierdie ou is so dom........ Hy het glad-nie geweet waar hy verseker is nie want hy sê Wesbank het dit vir hom gereel. So na 2 dae bel hy terug dat hy uitgevind het dat hy by Auto & General verseker is.

Toe bel ek hom weer om te sê dat Auto & General wil hê dat hy eers die ongeluk by hulle moet registreer toe is hy baie verbaas want hy het die dag na die ongeluk al die dokumentasie na McCarthy Volkswagen (waar hy die kar gekoop het) gefaks!!!! Hello, wat moet McCarthy Volkswagen met dit doen? Kan julle dink hoe lekker het die mense by McCarthy Volkswagen vir die ou gelag.

Ag nee, ek is moeg gesukkel, ek dink ek gaan maar die saak maak en dan hopelik skrik hy so groot dat hy sy vinger uit sy oor trek.

Reply to Jemma
Posted by: Jemma | 2004/12/01

Rainbow,

Ek het dadelik polisie toe gegaan en die saak gaan aanmeld omdat ek dit vir my versekering nodig gehad het maar toe nooit deur my versekering gewerk het nie. So ek het 'n saaknommer maar ek dink ek moet dit 'n stappie verder vat om vir hierdie ou te wys dat hy teen die verkeerde mens vasgery het en nog weggery het by alles.

Sy versekering sal net die saak verder vat as hy dit eers by hulle registreer.

Reply to Jemma
Posted by: Rainbow | 2004/12/01

Jy moes in die eerste plek polisie toe gegaan het en die saak aangemeld het daar (nie dat die polisie eintlik iets sal doen nie) maar dan kry jy darem 'n saak nommer om mee te werk. en die ooggetuie kan ook help.
jy kan die ooggetuie en die saak nommer as bewys vir sy versekering faks en basies sal daar dan iets moet gebeur, moenie op hom wag om jy te betaal nie, dis heel waarskynlik dat hy nie sy woord sal hou nie.

Reply to Rainbow
Posted by: blackbird | 2004/12/01

jemma, heirdie ou mannetjie/poephol probeer weg te hardloop van die storie af. En omdat jy 'n dame is, wel ek neem so aan, dink hy, hy gaan wegkom met die storie. Het jy erens 'n man in jou wereld wat so bietjie "erinstig" met hierdie meneer kan gesels. jy weet 'n soort van man to man chat oor die foon. soms werk dit wonders. anders, wel ek het vriende wat so bietjie met hom kan gesels, en hulle kry gewoonlik die geld baie gou.

Reply to blackbird

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement