advertisement
Question
Posted by: Maergat outjie | 2008/06/11

ONDER gewig

Ek is 22 jaar oud, 1.7m lank, weeg 49kg en is +-10 kilos onder gewig. Vir die afgelope 4 jaar het my gewig nie baie verander nie. Ek weet nie of ek die regte kos eet nie, maar as ek eet, eet ek so veel as wat ek kan totdat ek vol is. Om eerlik te wees, ek is nie n sportiewe ou nie, so ek doen en wil ook nie by n gym aansluit nie. Ekt gelees proteine laat mens gewig optel, so nou probeer ek so veel moontlik eiers eet en dan drink ek ook USN se "Whey Protien"-shakes. Ek oorweeg kreatien / steriods, maar het geen kennis van dit nie en is maar effe skrikkerig. Jou opinie en raad sal opreg waardeer word. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Maergat outjie
Bly liewer weg van veral die steroide en liefs vir eers van die kreatien. Die Proteien shakes is 'n goeie idee. Miskien moet jy net jou skildklier laat toets en kyk of jy nie dalk 'n bietjie ooraktiewe skildklier het nie? Dit kan dalk ook help om 'n dieetkundige te sien om te kyk of jou kos die regte volume en tipe is - mens wil tog nie vet optel nie, maar eerder spiergewig. Jy kan ook by 'n gym aansluit en begin om spierversterkings oefening te doen.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: ansie | 2009/06/18

Risks using Creatine or protein shake

Reply to ansie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement