advertisement
Question
Posted by: CP MOM | 2004/11/09

Om te "IS", is nie genoeg nie...

Elke vrou behoort vas te klou aan haar drome.
Want as ons nie aan die onmoontlike glo nie, sal die moontlike ons lewe tog so voorspelbaar maak.

Elke vrou behoort onbevange die wye wêreld in te vaar; haar nie te bekommer oor kind of kraai, man of Meraai nie. En te weet wanneer die tyd ryp is om terug te kom.

Elke vrou behoort minstens een keer in haar lewe met iemand te vry omdat sy lus is. En vir geen ander sinvolle rede soos liefde, samesyn of emosionele binding nie.

Elke vrou behoort haar eie grense oor te steek, anders sal sy nooit weet wat moontlik vir haar wag of waartoe sy in staat is nie.

Elke vrou behoort minstens een keer in haar lewe agter 'n kakiebos te piepie sodat sy kan voel hoe dit is om die verkeer van voor en die wind van agter te kry.

Elke vrou behoort vir 'n selfsugtige Minnaar te kan sê: "Ek het jou nie nodig nie," en dit bedoel.

Elke vrou behoort te weet sy verdien die beste en te weet wanneer sy dit nie kry nie.

Elke vrou behoort soms kliphard te lag. Al is dit 'n simpel rede. En vere voel oor wie dink wat.

Elke vrou behoort 'n keer in die maanlig te dans. Met die sand onder haar voete, die wind in haar hare en 'n hart wat warm teen haar bors klop.

Elke vrou behoort 'n slag kaal te swem - net die koel water teen jou vel, onbevange, ongebonde, onverskrokke.

Elke vrou behoort haarself op die skouer te klop.

Elke vrou behoort vir haarself te kan lag.

Elke vrou behoort die wonder van stilte te leer ken.

Elke vrou behoort minstens een sexy rok te hê. En 'n paar hoë, stout, swart skoene.

Elke vrou behoort in 'n geheimsinnige man se oë te kyk. En as sy meer wil doen as kyk, is dit haar saak.

Elke vrou moet soms sê wat sy dink. Sonder om te dink wat sy sê.

Elke vrou moet 'n opregte vriendin hê. Dis 'n verhouding sonder
verwagtinge, omvangryk en rentevry.

Elke vrou moet die waarde van nou met ewe groot agting bejeën as die moontlikhede van more en die verganklikheid van gister.

Elke vrou moet haar verbeelding gebruik. Wat anders kan jy daarmee doen?

Elke vrou moet haar hart volg, haar instinkte vertrou en haar hakskene gereeld skuur.

Elke vrou moet kan vergewe en vergeet. En weet dat haar geluk van niemand behalwe haarself afhang nie.

Elke vrou behoort nou en dan in die reën te loop. 'n Kind se hand vas te hou en 'n babakat se maag te kielie.

Elke vrou moet trots wees op haar ouderdom. Dis die myle en nie jare nie wat tel.

Elke vrou moet besef haar adres, haar man se status en haar kind se prestasies weerspieël niks van haar eie verdienstelikheid as mens nie.

Elke vrou moet kan sê: "Bogger dit."

En elke vrou sal wanneer sy op 'n donker aand haar kop hemelwaarts draai, 'n boodskap tussen die sterre lees wat nèt vir haar geskryf is...................

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Typically excellent good taste, CP Mom ! Thanks for posting such excellent Food for Thought ( About the only food I've found which doesn't make me gain weight ! ).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: CP MOM | 2004/11/09

Beide is emails wat ek vandag gekry het, ek weet nie waar vandaan dit kom nie..... ook nooit gesê ek't dit self uitgedink nie.

Reply to CP MOM
Posted by: P | 2004/11/09

Moenie vergeet om te se dat eerste gedeelte uit Rooi Rose kom nie

Reply to P
Posted by: lulu | 2004/11/09

Ag dis mooi... Dankie hiervoor. (o:

Reply to lulu
Posted by: CP MOM | 2004/11/09

I FORGOT..........
I forgot what life is all about....
I forgot what it meant to cry.......
I forgot that pretending to be happy doesn't make you happy...........
And that pretending to be smart doesn't make you smart ............
I forgot that you can't just forget the past in fear of the future..........
I forgot that you can't control falling in love...........

And that you can't make yourself fall in love....and if you really do fall in love then u can't make yourself fall OUT of love.......
I learned that I can love........
I learned that it's okay to messup.........
And it's okay to ask for help.........
And it's okay to feel like crap.........
I learned it's okay to complain and whine to all your friends for a whole day........
I learned that sometimes the things you want most, you just can't have.
I learned that the greatest thing about life isn't the parties or the hook-ups...
It's the friendships, which means taking chances........
I learned that sometimes the things we want to forget are the things which we most need to talk about..........
I learned that letters from friends are the most important things. And that sending cards to your friends makes you feel better.
But,basically, I just learned that my friends........
Both old and new......... Are the most important people to me i n the world.... AND.......without them, I wouldn't be who I am today..... So this is a thank you to all of my friends. . For always being there. And even if we are not on good terms any more or we have lost touch... I still care for you
thanks for being a part of my life..
take care ..

Reply to CP MOM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement