advertisement
Question
Posted by: Micha | 2008/07/18

Oefening

Hello doc, Ek wil graag weet wat doc dink van die " skudmasjien" ? Dis daai masjien wat ' n mens op staan en dan skud hy alles! Weet nie wat sy naam is nie maar dis nuut op die mark. Dink sy naam is turbo charger! Ek het al by soveel mense gehoor dat dit werk.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Micha
Ek dink dat die skudmasjien slap spiere sal laat fermer word, maar enige oefening wat nie jou harttempo versnel (sg. Kardio of aërobiese oefening) sal nie jou energieverbruik opstoot nie en dus geen beduidende gewigsverlies veroorsaak nie. As jy dus net jou spiere wil ferm maak dan kan jy seker die skudmasjien koop en gebruik, maar as jy wil gewig verloor, sal jy aërobiese oefening (flink stap, fietsry, swem of touspring) vir ten minste 30 min per dag moet doen en verkieslik dit kombineer met 'n energie-verlaagde dieet.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement