advertisement
Question
Posted by: Gena | 2008/07/18

Normaal of nie?

Ek wil net hoor of dit normaal is of nie?Ek het al agter gekom dat ek die dag voordat ek begin met my maandstonde hartkloppings kry..is dit normaal?Wat kan dit wees?Ek het al van hoerskool dae af hartkloppings gekry maar daar is nog nie vir my ' n aanvaarbare verduidelikig gegee nie?Net dat daar glo ' n spier skuins oor jou bors is wat in sommige mense onverklaarbaar saam trek!

Ek kan 2 soorte hartkloppings onderskei..
1) My hart klop vinnig en my hele kop skud met elke hartklop..my nek
beweeg ook saam met die hart klop..jy kan dit aan my pols voel en die ekg masjien se naald slaan vas. (kan nie so baie vinnig beweeg nie)
2) Voel vinnig maar hard en voel die pols nie vinnige hardklop nie maar dit is vreeslik uitputtend!
Is seker nie normaal dat jy jou hartklop voel nie?
Ek spuit die afgelope 3jaar elke week Vit B12 en Complex en nou kry ek dit byna nooit..en as dit begin kan ek dit vinnig onder beheer kry.

In die verlede het dit my hele dag geneem nou net so 5 na 10minute maar veral na die 2de soort is ek moeg.

" n Hartspesialis hier het een keer gese ek moet JHB toe gaan dat hulle my hart in die teater stop en weer start..toe vra my Man " wat as dit nie weer start nie?"  Toe se hy net elke prosedure het sy nadele! Sal dit nooit laat doen nie! My hart klop dan nou normaal so 60 na 75 keer per minuut.

Het nog net EKG' s gevat.

Raad asb?

Dankie..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Gena

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Net voor menstruasie is daar 'n verandering in hormoonvlakke en dames hou dan gewoonlik water terug. Hierdie verhoogde lading kan die hart laat vinnig klop. Wanneer jy die simptome kry, kan jy Prodorol 40mg neem. Dit is 'n beta-blokker en behoort jou hart in toom te hou vir ten minste ses ure.

Ek stel ook voor dat jy 'n tweede opinie by 'n kardioloog kry, want as jy se dat die eerste tipe van jou palpitasies so vinnig is dat die EKG dit nie kan registreer nie, sou jy by hierdie tyd al dood gewees het. 'n Standaard EKG kan 'n pols spoed tot en met 300 slae per minuut meet. Indien dit die pols spoed is, noem ons dit ventrikulere Fibrilasie en dit is nie vereenselwig met lewe nie.

Groete



Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement