advertisement
Question
Posted by: wil weet | 2004/09/22

normaal kraam ens

Hi, ek is 32 weke swanger en beplan om normaal te kraam. Mense vertel my n klomp stories dat ek liewer n keiser moet oorweeg want die "perenium" wat of skeur of gesny word, word septies en mens moet vir dae met die infra rooi lig le ens ens. Vertel my asseblief van julle ervaring. Sover ek kan aflei is dit seer (ja dit is verstaanbaar) maar dat jy vinniger herstel. Ek wil ook probeer om geen pynstillers te neem nie want ek dink dit maak die baba seer. Verder is ek ook vertel dat induksie babas koliek babas is?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageGynaeDoc

There are advantages and disadvantages for both methods of delivery. The decision has to be between you, your midwife and your gynae

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

4
Our users say:
Posted by: Lyn | 2004/09/27

My eerste ervaring was 'n nood-keiser. Van die begin van my swangerskap af was ek vasbeslote om normaal te kraam en het dus nie veel opgelees of uitgevra oor keisersnitte nie. Ek het 'n induksie (eers die pilletjie en toe 'n drup) gekry op 40 weke, maar het glad nie ontluit nie. My dogtertjie is toe met nood-keiser in die lewe gebring en tot nou toe, sewe jaar later nog geen teken van koliek getoon nie. Omdat ek nie ontsluit nie, was my volgende kind 'n beplande keiser. Wat jy ook op besluit, enige metode gaan gepaard met 'n bietjie pyn dink ek. Ek sou tog daarvan gehou het om die natuurlike opsie te beleef. Ek sou aanraai, kry soveel moontlik inligting oor albei opsies en so sal jy goed ingelig wees, wat ook al jou besluit op die einde van die dag.

PS: Enige wond, perineum of keiser-snit wond kan septies word ndien nie reg behandel word nie.

Lyn

Reply to Lyn
Posted by: Francis | 2004/09/23

Ek moes ongelukkig 'n keisersnee kry met my eersteling omdat hy nie gedraai het nie en omdat ek hoë bloeddruk gehad het. Ek wou van dag 1 af normaal kraam en was in trane toe die dokter vir my sê sy moet 'n keisersnee doen. Ek is hospitaal toe die oggend en was vreesbevange en hartseer. Die hele proses self was niks, maar die PYN is ondraaglik vir my gewees. Eerstens wou niks van die pynstillers behoortlik vir my werk nie en hulle het my die eerste dag so "gedope" met pille, inspuitings ens dat ek nie eens geweet het wat rondom my aangaan nie. Ek kon my seuntjie eers die middag laat vir die eerste keer vashou (plat op die naat van my rug) en die kateter is eers die volgende oggend uitgehaal. Toe moes ek opstaan! Dit was die ergste pyn wat ek nog ooit gevoel het. Ek het gehuil vir die hele dag, wou niemand sien en was net hartseer alles van vooraf omdat ek so baie pyn het. Dag 3 was bietjie beter maar dit was hel. Toe omdat ek so lank plat gelê het, het ek die ergste graad van aambeie gekry wat seerder was as die keisersnee self. Vir 2 volle weke kon ek behoorlik nie loop, sit of staan nie. Ek was oral seer en net heeltyd depressief omdat ek so baie pyn het en nie my baba kon geniet nie.

Wel, nou sit ek weer met daardie hartseer oor my, ek moet weer 'n keisersnee kry en probeer myself maar nou-al voorberei. Ek weet almal het verskillende opinies en dit is net myne. Ek het ongelukkig 'n "bad" experience gehad en hoop van harte my volgende keisersnee is nie weer so nie.

Sterkte met jou besluit.

Reply to Francis
Posted by: Dot | 2004/09/22

Ek is nog nie eens swanger nie, maar sukkel al klaar met die besluit van normaal of keiser. Ek dink dat dit baie seerder moet wees om te skeur as wat 'n keiser is. Word dit gou gesond? En brand dit nie vreeslik baie nie?

Reply to Dot
Posted by: Marlene | 2004/09/22

Hi

Eerstens wil ek net se gedeelte van wat jy gehoor het is absolute nonsens. Ek is 26weke swanger met my 2de en het normaal geboorte gegee. Ja ek het geskeur, het steke gekry maar dit was gesond binne n week. Ek kon loop alles normaal doen, ek het glad nie onder n rooi lig gele nie. As jy skeur moet jy gewoonlik in sout water bad en dit werk soos n bom. Met n keiser is dit seer vir n rukkie ens. Ek was 2min. na my seun gebore was op en het self na my kamer toe geloop, waar jy met n keiser moet le met n drip aan tot jy weer gevoel in jou bene het ens. ek weet nie maar dit hang af van persoon tot persoon. As ek jy is probeer ek gewoone geboorte gee en dan as dit nie vir jou is nie kan jy alteyd met jou volgende swangerskap vir n keiser gaan.

Jy vergeet die pyne so vinnig as jy daai bondeltjie liefde in jou arms hou. Sterkte met jou besluit.

Reply to Marlene

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement