advertisement
Question
Posted by: Daantjie | 2006/04/02

Nog oor vorige vraag

Verskoon dat ek nog iets oor die vorige vraag wil sê/vra: Wat is TNT? Die kardioloog het wel Alzam voorgeskryf wat blyk te help vir die probleem. (Ja, hy het my 'n stres-EKG laat doen en gesê net 20% van sy pasiënte kan die pas volhou wat hy my laat doen het. Hy het gesê hy sien geen tekens van 'n moontlike hartaanval nie.)
Miskien moet ek ook meld dat die probleem met die drukking op die bors ontstaan het nadat ek die Tenormin vir 6 weke lank gestaak het vir ander medikasie wat toe nie geslaagd was nie. Ek gebruik nou tans weer vir 4 weke lank Tenormin.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo weer Daantjie,

TNT is ‘n vorm van nitroglycerien, wat as pille onder die tong oplos, of as ‘n sproei in die mond toegedien word. Dit verslap die kroonare, wat dan meer bloed na die hartspier kan bring, en dus die pyn van angina behandel.

Ek is bly dat jy die oefenings-EKG gehad het, en met ‘n goeie resultaat. Ja, miskien was jou bloeddruk nie so goed onder beheer met die ander medikasie soos met die Tenormin nie.

Daantjie, stress kan allerhande uitwerkings hê, en as die Alzam jou simptome gehelp het, dan is dit ‘n tipe van diagnostiese toets. Die Alzam plus Tenormin is seker dan die beste kombinasie vir jou, totdat jou stresvlakke daal, of die oorsaak van die stres uitgesorteer word. Die Tenormin (of iets soortgelyk) sal jy lewenslank moet gebruik, maar die Alzam behoort net oor die kort termyn gebruik te word.

Ek hoop jou simptome nou mooi onder beheer is, en dat jou werk-stres ‘n bietjie afneem. Sterkte.

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Dicky | 2006/04/21

Hi Dokter

My Pa is 65 jaar oud hert geen klagtes behalwe dat sy bene van tyd tot tyd pyn. Maar waarmee die Dokter wat hom behandel baie sukkel om te diadnoseer wat presies veroorsaak dat hy baie vog opbou. Sou hy geen waterpille (4 per dag) drink nie raak hy tot 7kg swaarder oornag. Sou hy dan wel die pille drink urineer hy tot 4liter. Kan dit sy hard wees wat die vog opbou? Wat veroorsaak dat hy soveel vog opbou?

Reply to Dicky

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement