advertisement
Question
Posted by: MT | 2004/09/22

Nog 'n kans

Hallo (Jammer vir die lang brief)

Ek en my man was 8 jaar getroud gewees en mekaar 11 jaar lank geken. Ons het 'n dogter saam gehad wat nou 9 jaar is. Ek is nou 2jaar en 4maande geskei van hom. My dogtertjie is onder my beheer en toesig. Voor die eigskeiding so 2jaar terug het dinge skeef begin loop in ons huwelik. Hy het by 'n bikers groep aangesluit. Hy het saam met hulle op manne aande gegaan by hoer huise uitgehang saam op rallies gegaan en dan het hy altyd gesorg dat hy so 03:30 by die huis kom die volgende dag elke dag. Ek is nooit saam met hom genooi nie. Daar is altyd vir my gese as jy nie kan plan maak met Chermone nie kan jy nie gaan nie, die gevolge was dus bly by die huis. Hy het ook vir my gese as hy moet kies tussen sy pelle en ons gaan ek julle baie mis. Hy het toe 'n verhouding gehad met 'n 23 jarige oop meisie wat hy by die bikers klubhuis ontmoet het. Ek het eers van haar uitgevind na die eigskeiding. Toe kon niemand wag om vir my alles te vertel nie. Hy was op daardie stadium 32. Al sy vriende het geweet wat agter my rug aangaan maar sou eerder hom beskerm as om vir my te se. Ek weet nie saam met hoeveel vrouemense en watter soort vrouemense hy by was nie. Hy het altyd gesorg dat hy eerder saam met sy vriende iets doen as saam met ons. Ek en my kind het gewoonlik self die rekenings gaan betaal, dieretuin toe gegaan en maar probeer om onsself te geniet. Hy het gewoonlik geld in ons hand gestop en dan op sy motorfiets geklim en gery. Ek het op daardie stadium 75kilogram geweeg en toe maar aanvaar dat hy skaam kry oor hoe ek lyk. Daarom is ek nooit saam met hom wanneer hy uitgegaan het nie. Hy het ook nooit by die tyd gehou wanneer hy vir my se dat hy by die huis gaan wees nie. In die jaar 2002- 18 Februarie kon ek dit nie meer verduur nie en het hom gekonfronteer. Hy het my baie mooi laat verstaan daar is nie 'n ander vrou in die prentjie nie. Min het ek geweet dat hy en sy op 18 Februarie 2002 toe ek by die werk was dat hulle seksueel aktief verkeer het. Hy het ook vir my gese hy is nie meer lief vir my nie, daar is 'n skeur in sy hart dat sy kop sy lyf rond neuk en dat ek vir my iemand moet kry wat my soos 'n vrou gaan laat voel want hy gaan dit nie meer vir my doen nie. Ek moet ook iemand kry wat my met respek gaan behandel want hy gaan dit ook nie meer vir my doen nie. Ek is toe die 2de Mei 2002 geskei van hom. Na my egskeiding was dit moeilik en baie swaar. Hulle het my verneder voor almal. Ek het myself aan pille vergryp om 'n einde aan alles te maak maar gelukkig bygestaan is deur my familie. Ek het nog steeds probeer om hom terug te kry sodat hy weer saam met ons kon wees. Hy het gese ek moet aanvaar dat dit nou veby is en aan gaan met my lewe. My gewig het tot 57kg geval. Ek en my kind het sielkundige hulp nodig gehad wat ons nooit voorheen gehad het nie. Hy het nooit sy pligte nagekom nie en sy dogtertjie van hom vervreem. Ek het my liefde in hom verloor. Daar is geen gevoel meer oor nie. Dit is mors dood binne in my. Hy voel soos 'n vriend of kennis wat ek lanklaas gesien het. Hy het intussen by nog 'n vrou geslaap waarin hy beweer dat hy baie gehad het om te drink en toe raak hy liefdevol. Die 23 jarige meisie het hy swanger gemaak in die begin van Januarie 2004. Sy het 'n miskraam gehad asg. van haar suikersiekte.
Hy wil terug kom in ons lewens maar dit is nie so maklik nie. Ons kind wil niks met hom te doen he nie. Sy het gese mamma ek kan nie my pa vertrou nie. Daar is nie meer 'n bond tussen haar en haar pa nie. Sy soengroet of drukkies hom nie meer nie. Ek persoonlik vertrou hom nie meer nie en het geen respek vir hom nie. Hy het my en ons kind ontsettend seer gemaak. Ek kan nie meer 'n verhouding wat ons saam vir 13 jaar gehad het nou weer van vooraf begin nie. Hy was die afgelope 2jaar glad nie betrokke by haar aktiwiteite nie. Sy jol lewe is baie belangrik. Hy het ook gese hy sal nooit sy coulers opgee vir 'n vrou nie. As sy vriende hulle vingers klap is hy daar. Hy het gese dat dit wat gebeur het ek agter my moet plaas en dat ons weer moet probeer. In die jaar 2002 einde November het hy my 5 keer gedreig hy gaan my dood skiet. In daai stadium het ek 'n friend gehad wat my gehelp het om hierdeur te kom. My ex kon dit nie hanteer nie. Ek het 'n beskermingsbevel teen hom. Hy het een teen my ook gekry maar ek het die saak gewen. Ek was nog nooit ontrou nie en sal ook nooit wees nie. Indien ek ooit weer sou trou kan daai man verseker wees hy hoef nooit bekommerd te wees dat ek gaan rond loop nie. Ek is nie so nie.
Hoe vergewe 'n mens so iemand. Kan mens weer lief word vir so 'n persoon en wat van vertroue. Hy erken dat hy opgef*k het.
Hy was nooit daar vir ons nie. Volgens my is hy hopeloos te laat.
Verdien hy nog 'n kans?



Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Maybe I'm missing something within your long message, but I can't understand why you would for an instant want to have him back in your lives, after all his selfish and cruel misconduct. Then he threatened your life ? Good that you god a beskermingsbevel against him. You are not describing in any tiny detail a man who is worth trying to trust again, but someone wroth avoiding. Keep the beskermingsbevel up to date and operative.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

12
Our users say:
Posted by: MM | 2004/09/23

Ja, nog 'n goeie vrou wat 'n "eens" goeie man deur verkeerde vriende verloor het en die ironie van die saak is, my situasie is presies dieselfde as joune, bikersvriende, mag nie saam op runs en nagte uit gaan nie rallies ens. Maar nouja, dis deel van die lewe. Moet bieg, ek is ook nogsteeds in hart 'n biker want almal is nie dieselfde nie en my "colors" het 'n ereplek in my hangkas, maar verkeerde vriende en gewillige meisies, dis die probleem...

Reply to MM
Posted by: Kernel | 2004/09/22

Jy sal die grootste fout in jou lewe maak as jy dit ooit oorweeg om hom terug te neem - hy het sy ware kleure duidelik gewys.

Jy is deur al die moeilikste tye en moet nou net deurdruk en jou eie lewe ly. Die armsalige sot verdien niks verder van jou kant af nie - hy het duidelik sy keuse gemaak en moet nou maar daarmee saamleef.

Jy kan baie beter doen as hierdie a*sehole van 'n man.

Reply to Kernel
Posted by: Tori | 2004/09/22

Ek stem saam met die ander - Jy en jou kind het aanbeweeg, moenie weer terug gaan nie. Hou dit so. Dit is nie maklik om aan te beweeg nie, maar jy het dit gedoen en so ook jou kind (vir 'n kind is dit moeiliker om te aanvaar haar pappa is weg). Jou kind is baie sterk.

Reply to Tori
Posted by: bel | 2004/09/22

this is to Keny, have you got a problem with afrikaans?or is it that you cant read?
ek wil ook net vir MT se...moet asb nie daardie man (as jy hom n man kan noem) nog n kans gee nie, A LEOPARD NEVER CHANGES IT'S COLOURS) en dink aan jou kind sy is meer baie meer belangrik as daardie skobbejak..en jy sal eendag iemand ontmoet wat vir jou bedoel is...jy het lank genoeg jou tyd gemors...LET BY-GONS BE BY-GONS. goodluck

Reply to bel
Posted by: blackbird | 2004/09/22

MT jy is mal om hom eers 'n halwe kans te gee. hy gaan dit net weer aan jou doen. nee meisie moet nou nie gaan staan en dom wees nie. dit is varke soos die wat ons biker scum 'n slegte naam gee. nee jong, dink 10 keer voor jy dit down.

keny ...get with the program boet, en neem jou pille ...

Reply to blackbird
Posted by: J | 2004/09/22

MT Met alle respek, alles wat jy noem dui daarop dat jy en jou kind hom heeltemal ontgroei het en dat hy glad nie verdien dat jy hom sou terugneem nie. Hoekom twyfel jy? Wil jy weer opland waar jy al die jare was, niks het verander nie, hy gaan nie verander nie, so hoekom vra jy nog?

Reply to J
Posted by: Shaun | 2004/09/22

I agree with Tori. You said it yourself. You don't love him anymore. You don't have any feelings for him.
I don't usually do this, but I'm gonna say don't waste your time. You sound like you're eventually moving on, so just carry on, without him. Sorry, but I feel a bit strongly about this one.

Regards,
Shaun

Reply to Shaun
Posted by: Mona | 2004/09/22

Once bitten, twice shy.... ek dink dit hang alles af of jy nog so bietjie liefde oor het vir hom.... As ek in jou situasie was, dink ek nie ek sou hom nog 'n kans gee nie... maar as jy dit gaan doen, dan moet jy jou afstand hou vir 'n hele paar maande om eers te sien of hy verander het... die eerste aand uit sonder jou, moet hy permanent uit bly!

Reply to Mona
Posted by: Roy | 2004/09/22

Keny, where was it said this is an English forum? If you can not read Afrikaans, skip the posting!!
MT, dis baie moeilik maar ek dink nie dat so 'n verhouding sal weer werk nie want die vertroue is weg en so ook jou liefde. Dis die belangrikste twee elemente van 'n huwelik en jy kan dalk wegkom as net een tydelik weg is maar ek dink nie as jy voel soos jy voel dat dit gaan werk nie. Daar sal 'n massiewe poging moet wees van albei se kant af as julle wil aangaan. Dink mooi en met jou verstand en dink aan jou dogter se gevoelens en neem dan 'n rationele besluit.

Reply to Roy
Posted by: Tori | 2004/09/22

Keny, it doesn't matter.
On this forum you can post in english or afrikaans.Dit maak regtig nie saak nie. Keny ek weet nie of jy genotice het nie maar die forum is vir Mense om hulp te kry.

Reply to Tori
Posted by: Tori | 2004/09/22

NEEEEEEEEE!!!!!
Moet nie eers probeer om hom weer 'n kans te gee nie.
As hy dit eenkeer gedoen het, gaan hy dit weer doen. En sies man, hoe kan hy saammet sulke jong meisies slaap. Dis SIEK!!
Ek voel regtig jammer vir jou. Jy moet net sterk wees en die regte besluit neem.

Maar moet asseblief nie terug gaan na hom toe nie.
Jy moet ook na jou kind se belange kyk.

En net so laaste dinge - dis darem amazing wat die liefde aan 'n mens se gewig doen. Dis die beste dieet ooit....en jy word nooit honger nie. (Ek moes iets bylas om jou op te cheer)

Sterkte

Reply to Tori
Posted by: Keny | 2004/09/22

I don’t know if you notice but this is English language forum, please post in English if you wont people to respond.

Reply to Keny

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement