advertisement
Question
Posted by: TC | 2008/06/02

Neusbloeding

Goeie dag

Ek het 'n 6 jarige seuntjie. Hy is baie aktief en geniet die baie om te hardloop en speel ens. Sodra hy egter vir 'n rukkie aktief was, begin sy neus bloei (sonder 'n stamp of aanraking) en die bloeding is baie erg. Ons gebruik dan staaldruppels om die bloeding te stop, maar ek sukkel dat hy die druppels mondelings inneem. Wat kan ek daaraan doen, aangesien dit nou al so erg is dat hy nie meer aktief aan sport wil deelneem nie, en hy baie selfbewus is hieroor. Is daar ander medikasie wat hy kan neem om hierdie probleem op te los, aangesien ek nie graag 'n kind wil grootmaak wat heeldag voor die TV si tnie.

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo TC
Hierdie tipe bloedings word gewoonlik veroorsaak deur 'n aartjie in die neus wat naby die oppervlakte lê en maklik "bars". 'n Oor neus en keel spesialis of sommige huisdokters kan die aartjie kouteriseer met 'n chemiese middel ( dis nie seer nie) wat die probleem oplos. Praat met jou GP daaroor.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement