advertisement
Question
Posted by: Fourie | 2007/03/12

Net 'n vraag

Ek het die boek EET SLIM BLY SLANK gekoop, die LAE GI-DIEET. Die dieetkundiges sê dat mens heel waarskynlik verkeerd "geprogrammeer" is en so dan eet sonder dat mens regtig honger is, met my is dit die geval. Nou het ek begin om intensief na my liggaam te luister, maar ek vind dat ek nie regtig honger is in die oggende nie, tog glo ek aan ontbyt eet. Sal dit verkeerd wees as ek ontbyt eet en dan van daaraf na my hongerseine luister? Ek is nie werklik oorgewig nie, want ek eet meestal gesond, maar wil graag leer om goed te eet en na my liggaam te luister om sodoende vir my klein dogtertjie gesonde eetgewoontes aan te leer.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Fourie
Wel, as jy kyk na my vorige antwoord, dan sal jy sien dat ek die moontlikheid van insulienweerstandigheid genoem het. Daarvoor is dit nodig om 'n lae-GI dieet te volg en dit is altyd raadsaam om 'n dieetkundige te spreek dat sy/hy vir jou 'n individuele dieetvoorskrif uitwerk. Maar nou noem jy dat jy nie eintlik oorgewig is nie - dit is waarskynlik die rede hoekom jy so min gewig verloor op die Weighless dieet!!! Dit is essensieel om wel ontbyt te eet want dit is die belangrikste maaltyd van die dag. As jy wel belangstel in 'n lae-GI dieet, gaan sien die dieetkundige, dan kan sy/hy vir jou en jou hele gesin help om hierdie gesonde eetwyse aan te leer.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement