advertisement
Question
Posted by: Mede mens | 2006/07/12

Net 'n gedagte

Ek gebruik te veel kalmeermiddels, Here.
Ek dink ek moet sê ek is afhanklik daarvan.
Nou ja, nou is my geheim uit – ten minste voor U, Here.
U weet dit natuurlik al lankal, en baie ander mense dalk ook.
En nou kan ek dit ook nie meer vir myself ontken nie.
Wat moet ek nou maak, Here Jesus?
Ek kan eenvoudig nie die stres van elke dag hanteer
sonder die kalmerende effek van my blou pilletjies nie.
Vir ’n oomblik wou ek amper sê:
Here, het U regtig ’n idee van die druk wat elke dag
se spanning en gejaagdheid op 21ste-eeuse mense plaas?
Toe U hier was, twee millennia gelede, was dit darem ’n ander storie ….
Maar dan besef ek ék het nie ’n idee van hoe U u aardse lewe
dag vir dag op die snykant van die mes moes balanseer nie:
Massas mense wat U van vroeg tot laat vertrap
op soek na die sensasie van wonders –
sonder om die essensie van u boodskap te begryp;
uitputtende debatte met die voorste intelligentsia van u dag;
die gepieker in u binnekring oor wie die belangrikste is;
geen eie huis om na te ontvlug en tot rus te kom nie;
en altyd die wete van die naderende verskrikking van Golgota.
En tog het U geen kalmeermiddels gebruik nie.
Nie eens aan die kruis nie.
U het net altyd nog en nóg van Uself gegee.
Vir my voel dit of ek niks liefde oorhet om te gee nie.
Ek voel leeg en moeg – en afhanklik van … ja, dwelms.
O Christus, moet my nie verlaat nie,
al het ek U verlaat en hulp gaan soek by ’n god in ’n bottel.
Ek erken ek het die maklikste uitweg gekies – dié van verdowing.
Maar dit verdoof net my sinne, Here, nie my gewete nie.
Ek het seer, Here, en ek weet nie
hoe om van my selfgekose kruk ontslae te raak nie.
Ag, Here, help my. Ek vertrou U in hierdie oomblik.
Ek steek my hande na U uit. U is waaragtig my enigste hoop.
Maak my, hou my, afhanklik van Ú.
Anoniem

Baie mense assosieer ’n ernstige gebedslewe met lang tye van isolasie van jou medemens.
Maar ware gebed bring jou nader aan jou naaste.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Lapdog. | 2006/07/13

Hi MM, ek glo nie soos jy nie, maar is diep geraak oor hierdie woorde van jou. Ek's seker God het 'n traan gepik toe Hy dit 'lees' en hoor. Hy ken jou natuurlik, maar Hy hoop seker lankal vir hierdie gebed. Hy sal help, want jy WIL gehelp word. Die eerste stap is seker 'n soort van rehab om jou terug te bring aarde toe, en skoon te kry van al die gif in jou stelsel, en natuurlik om te leer leef sonder die blou gevaar in jou. Ek is trots op jou, om so iets te erken, en te WIL verander. Pragtig! Stunning!! Nou om te begin met jou pad na herstel. Ek wens jou voorspoed en sterke, ek weet sommer jy gaan mincemeat maak van hierdie hurdle. Vat hom vas! Jy verdien 'n gelukkige en voorspoedige lewe, en jy KAN!

Reply to Lapdog.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement