advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/07/24

Nek en ander...

Beste HeartDoc :-)

Hoop alles gaan nog goed met die operasies ens.

My pa het gister terug gekom van S.A. af. Hy he tamper nie ‘n vlug gekry met al die stakings wat daar aangaan.

Jong dokter, ek weet nie hoeveel kennis dokter van hierdie goed het nie, maar ek wil weereens my pa se nekprobleem met dokter bespreek.

My pa het my vandag herinner dat hulle ‘n paar jaar terug gesê het daar is ‘n verbrokkeling tussen sy 5de en 6de nekwerwel. Dink dokter dit is wat moontlik die pyn kan veroorsaak? My pa het ook die laaste week weer baie hoofpyne, en ek glo dit is te danke aan die nekprobleme.

Indien dit wel my pa se nek is, hoe veilig is dit om ‘n operasie te ondergaan nadat mens ‘n hartomleiding gehad het? Hulle het ‘n ruk terug vir my pa gesê hy moet maar die operasie los as hy met die nekpyn kan uithou, maar indien hy nie kan nie, moet hy maar vir die operasie gaan.

Ek is so moedeloos en jammer vir my pa en dit maak my so ontsaglik hartseer, en ek wil nie hê hy moet nou nog ‘n operasie en nog ‘n herstelproses deurgaan nie. Dit breek my so af.

Het dokter raad en opinies oor bogenoemde asseblief?

Baie dankie vir alle hulp!
Morne.

P.S. My pa is so ontsaglik moeg ook…

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Beste Moren,

Ai, nog probleme. Arme Pa. Ja, dit kan beslis sy nek wees wat hierdie pyne veroorsaak.

Hy sal 'n Neurochirurg moet raadpleeg vir die probleem. Die neurochirurg sal dan moet ondersoek instel en besluit of hy 'n operasie kan doen. Indien wel, sal hy dan Pa moet stuur na 'n narkotiseur vir evaluasie - is hy rg vir die narkose? Nek operasies is nie gewoonlik oynlik nie, and pasiente herselt redelik vinnig. Dit is nie naastenby soos die hart chirurgie nie, alhoewel Pa 'n nek stut vir 'n hele tydjie sal moet dra.

Moenie nou opgee nie. Jy sal net so veel vir jpu Pa beteken soos vantevore. Kry om so gou moontlik by 'n neurochirurg. Intussen, probeer om 'n tuisgemaakte nekstut te maak - rol 'n klein handdoek op, in laat hom dit as 'n stut dra. Hy sal miskien nogal pynverligting daardeur kry, en, as dit werk, kan hy ook so slaap. Ek het self so 'n nek probleem, en kry baie verigting met my sagte nekstut.

Laat hoor hoe dit gaan, - sterkte julle altwee.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement