advertisement
Question
Posted by: Marinda | 2004/11/02

Negatiewe gevoelens teenoor oorgewig man

Môre mense,

Ek hoop iemand het raad vir my vandag - ek is getroud met 'n dierbare man wat ek baie lief het. Hy sorg finansieël goed vir ons en ons het 'n stabiele gelukkige gesinslewe. Hy is baie behulpsaam in die huis en selfs met ons intimiteit gaan dit klop-disselboom. Kortliks, my vriendinne dink hy is 'n model-man!

My probleem is, hy het ongelooflik baie gewig opgetel die laaste jaar of twee. Ek probeer gesonde etes voorsit, het aangebied om saam met hom te gaan stap in die aande en los baie diskreet tydskrifte met artikels oor gewigsprobleme oral in die huis, maar hy stel eenvoudig nie belang om gewig te verloor nie.

Ek is bekommerd oor sy gesondheid. Hy is 38 en ongeveer 20-25kg oorgewig. Hy is gedurig kortasem en moeg. Dit begin nou ons sekslewe ook affekteer en boonop is sy liggaam net nie meer vir my aantreklik nie. En steeds weier hy om op 'n dieet te gaan (of stem in maar hou net 2/3 dae daarby en sê dan dis tydmors!)

Ek was altyd so trots op hom maar deesdae is dit vir my 'n verleentheid om saam met hom uit te gaan. My gevoel teenoor my dierbare man is net nie meer wat dit moet wees nie. RAAD asseblief??

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Good advice from P, Niek and Twanette

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Twanette | 2004/11/02

Mensie dit klink of julle 'n wonderlike verhouding het, iets om om trots te wees.

Julle verhouding is so goed dat ek dink as julle rustig daaroor gaan sit en praat, is ek seker hy sal na jou luister.

Moenie moed verloor nie wees geduldig met hom en probeer die ding saam uitwerk, vind uit of daar nie dalk medies iets met hom verkeerd kan wees nie, miskien vermoed hy dit maar is te bang om dokter toe te gaan.

Stertkte en vertroetel julle lieflike verhouding.!

Reply to Twanette
Posted by: NIEK | 2004/11/02

Marinda, ek was in dieselfde situasie as jou man. Ek is maar 1'66 m lank en my gewig het gaan draai op 120 kg ( JA JY HET REG GELEES--120 KG ) en my vrou is maar n skamele 50 kg. Sy is werklik mooi gebou, n 34 D en ongelooflik sexy en mooi. Kan jy my op haar voorgestel het??

Sy het toe in alle ordentlikheid en met n baie sagte gees, my vertel hoe sy voel ens ens ens en net die MANIER hoe sy met my gepraat het, het my laat besluit dis of die vet, of dis my huwelik. Ek het toe n Dr in PTA gaan sien wat spesialiseer in vetsug en glo my, dis nou 4 maande later en ek het reeds 32 kg afgeskut.

Ons verhouding blom en ons sex is op sy tops. My raad aan jou is---bid daaroor en benader hom met die regte gesindheid en glo my, as hy omgee vir jou sal hy dieselfde doen as ek.

Reply to NIEK
Posted by: P | 2004/11/02

Marinda, ek het nie regtig raad nie, maar is bly om te hoor dat daar dames is vir wie voorkoms net so belangrik is as vir ons mans, want al die ander dinge soos persoonlikheid ens is fine, maar om vir so 'n galloppende maag te kyk as die persoon op spoed is, is beslis 'n turn-off. En ons wil almal trots voel op die persoon as ons in die openbaar verskyn, veral as dit oorspronklik so was. Ek praat maklik, want ek kan eet soos ek wil en nog steeds goed lyk, mens sien so baie van die manne met 'n sterk, groot beenstruktuur wat baie oorgwig is, en terwyl dit vir hulle baie moeiliker as vir ons skraal ouens is om nie oorgewig te raak nie, lyk dit vir my dat voorkoms gerieflikheidhalwe dan ook nie 'n prioriteit is by hulle nie.

Jy het alles nou op die subtiele manier gedoen, as dit een van ons mans was het ons teen die tyd al reguit gesê hoe ons voel en dan het dit moontlik negatiwiteit veroorsaak wat nog verder teen-produktief is. So ek weet nie as jy hom op 'n reguit/eerlike manier vertel dat afgesien van sy gesondheid wat in die gedrang kom, jy beslis nie aangetrokke voel tot sy nuwe lyf nie, en dat hy asb. moet plan sien, hoe hy sal reageer nie. Vra vir hom hoe sal hy gevoel het as jy nou soos -('n spesifieke vriendin wat baie oorgewig is) -lyk, hopelik besef hy dat dit vir jou ook net so belangrik is om 'n lewensmaat te he wie se lyf in orde is. (As hy dink jou oorgewig vriendin lyk heel cuddly, dan het jy 'n probleem!) Dit lyk my nou maar eenmaal mens is of met 'n vinnige metabolisme geseen of is self ingestel daarop om nie oorgewig te raak nie, anders gebeur daar niks op die terrein nie.

As jy na Arnold Moll luister vertel hy jou jy moet in hierdie situasie vir die persoon (jou man) vertel hoe oulik, sexy/onweerstaanbaar en maer hy/sy vir jou is en dan sal die persoon PROBEER om daardie beeld wat jy daargestel het, na te streef/te bereik.

Ek was nog nooit goed met bullshit of om so te jok nie, en sal dus self nooit daardie teorie lank genoeg kan beoefen nie, of om geduldig te wag en te hoop iets positiefs gebeur nie. Dalk werk dit.

Ns. Vir die kritikuste: Ok, ek weet; smaak verskil, party van jul hou blykbaar van teddybears!

Reply to P

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement