advertisement
Question
Posted by: Katie | 2008/07/09

Narkose??

Ek is ongelooflik bang vir narkose. Wat is dit presies wat met jou liggaam gebeur wanneer jy onder narkose is en tot watter punt is jy "uit" dat jy nie eens kan voel as daar aan jou gesny word nie? Is jy in 'n tipe koma want hoekom is daar pype en so aan jou gekoppel wat namens jou asemhaal ens? Jammer as dit 'n dom vraag is, maar sal net graag wil weet.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Katie
Met narkose word daar 'n kunsmatige bewusteloosheid veroorsaak, jou bewussyn is onderdruk maar jou asemhaling, hartklop ensovoorts nie. Die rede vir al die masjiene en pype en goed is dat mens met 'n inspuiting aan die slaap gesit word, maar dan met gas onder narkose gehou word, omdat sodra mens ophou om die gas te gee, die pasient dan wakker word. Mens hou dan ook die pasient se bloedsuurstof vlakke dop om seker te maak dat die pasient reg asemhaal en genoeg suurstof inkry. Die EKG masjien is om seker te maak dat die hart reg klop, as mens seer kry met 'n operasie gaan jou hartklop vinniger word so dit is 'n manier vir die narkotiseur om te sien of jy nog diep genoeg slaap. Baie keer word die pasient 'n spierverslapper gegee - dan kan die dokter makliker opereer as al die spiere slap is, en daarom word jy soms aan 'n masjien gekoppel wat vir jou asemhaal - aan die einde van die operasie word die spierverslapper "omgekeer" en begin jy weer self asemhaal.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Leon | 2009/04/02

Doctor.
I am 27 year old male, stopped smoking for over amonth now. Just went cold turkey and feel great and proud. 20 a day 14 years. How long does it take for the average human to start recovering?

Reply to Leon

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement