advertisement
Question
Posted by: Nicky | 2005/12/12

Naelbreuk - Minatuur Worshond

As enige iemand informasie het oor 'n naelbreuk, presies wat dit is, hoe om dit reg te maak, hoelank so 'n operasie vat, ens. laat weet asb!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

'n Naelbreuk is 'n klein opening in die spier van die abdominale wand waar die naeltjie deurkom. Dit laat toe dat die derm of dermvlies kan deurglip en onder die vel as 'n knoppie aansamel. As dit klein is is dit nie noodwendig 'n probleem nie, maar as die derm kan deurglip kan dit verstrengel en ernstige komplikasies veroorsaak. dit kan maklik met 'n operasie reggestel word.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Chill | 2005/12/12

Die kwessie is al behandel in hierdie forum - soek bietjie in die argief onder 'naelbreuk' of 'hernia'.

Die erns van 'n naelbreuk hang baie af van hoe groot dit is en waar dit is, dus die beste is om jou veearts daarna te laat kyk. Moenie te lank vat nie want daar is 'n klein moontlikheid dat die bloedstoevoer na so 'n dingetjie kan belemmer raak, en dan word dit 'n taamlike ernstige besigheid.

Normaalweg is dit 'n baie klein operasietjie om dit reg te stel - maar vra liewers vir jou veearts.

Reply to Chill

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement