advertisement
Question
Posted by: Jenny | 2004/11/08

Myocardial Infarction

Dok, my man was 52jr oud en op 19 Oktober het hy soos normaal opgestaan en badkamer toe gegaan. Ons was nie bewus van enige gesondheidsprobleme wat hy gehad het nie. Hy het wel gerook, en het baie stres by die werk gehad as gevolg van die posisie wat hy beklee het. Toe hy sy voete in die stort neersit, het hy net daar neergeslaan en toe ek by hom kom het hy net so nou net dan so gesnork en die buurman se daar was 'n baie flou hartklop en asemhaling was baie vlak. Dit was seker nie 5 minute nie, toe die dokter hier kom en hy toe reeds oorlede is. Ek wil net weet: as iets so onmiddellik gebeur en die paar minute wat hy nog pols gehad het, kon hy enige pyn verduur het? Dit het vir my gelyk asof hy baie diep weg was. Ek wil net berusting kry hieroor.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Jenny, jy kan verseker wees dat hy nie gely het nie. Die hartaanval was waarskynlik so groot dat die bloedvoorsiening na die brein gestop het en dat hy sy bewussyn verloor het voor dat hy pyn, vrees of enige ander emosies en sensasies kon ervaar.
‘n Persoonlike nota: Ek bid dat die Here my eendag so wegneem sodat ek nie hoef te ly nie – dis werklik ‘n maklike manier vir die een wat gaan. Ek besef dit is swaar vir jou wat agter bly, maar jy kan jou berus by die feit dat hy maklik gegaan het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement