advertisement
Question
Posted by: leli | 2007/05/28

my storie - help asb

Het jy al ooit eensaam en alleen gevoel, het die gevoel van nutteloosheid jou net op 'n dag bekruip soos 'n skelm in die nag.... Het jy net op 'n dag besef dat drome vir die haaie is want joune sal inelk geval nooit bewaarheid word nie. Haat jy iemand so baie dat jy net wens die persoon sal spore maak uit jou lewe uit maar terselfde tyd moet hy nerens heen gaan nie want eintlik is jy so afhanklik van hom. Vergelyk jy liefde met seerkry... Wens jy soms dat iemand tot sterf kan kom net sodat jy weer iets kan voel al is dit nou oorverdowende pyn want jy is ontsettend moeg vir die lee eensame gevoel wat jou elke liewe dag oorrompel.... Jy is moeg om elke oggend wakker te word en jouself te forseer om die lewe in die oe te kyk en 'n fake smile aanteplak en alewig gevra word "hoe gaan dit", asb my vriend moet my dit nie vra as jy nie regtig belangstel nie, ek het nie meer tyd vir mense wat maak of hulle omgee nie. Weet julle wat in my hart aangaan stel julle werklik belang, nee ek het nie so gedink nie. Vir een of ander onverstaanbare rede dink ek ek moet altyd die beter mens wees en almal 'vergewe, bejammer' maak met my wat jy wil dreig my met selfmoord verkrag my keer op keer verkies eerder seks en drank bo-oor my en my kinderlike behoeftes, belowe my keer op keer dat jy o so jammer is maar elke aand sluip jy in my kamer in en maak inbraak op my privaat lewe en voor jy loop versuim jy nie eenkeer om my te dreig met dood en selfmoord, dis mos ons geheimpie, ja pa en nou is my lewe verwoes en jy gaan aan asof niks gebeur het nie. Ek gaan trek na ma toe want ek hoop vir redding van die aaklike lewe min wetend dat ek die lekkerste kos wat ek gaan eet slegs in honger drome gebeur nie. Min wetend dat die R2000 wat in onderhoud aan jou vir ons betaal word uitgesuip gaan word binne 2 of 3 dae nadat jy dit ontvang het. Min wetend dat ek gaan moet bedel by die skoolhoof vir skoolklere en buskaartjies sodat ek en my boetie kan skool toe gaan en terug. Min wetend dat ek en my boetie strate op en af moet loop om soek na sigaret stompies want ons kan dit nie waag om onder jou humeur deur te loop as jy nie jou nikotien fix gehad het nie. Min wetend dat ons van plek tot plek gaan trek want ons moet weghol van die skuld eisers en ons word keer op keer uit ons woonstelletjie gesit want huur word nie betaal nie. Ek het weggehardloop na jou toe want ek het standvastigheid nodig gehad ek het jou beskerming nodig gehad, ja minwetend..... ek is 22 en ek is so moeg vir die lewe dat ek 'n paar dae terug my eie lewe probeer neem het, nee dit het nie so lekker gewerk nie, waarna toe nou?????

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

So sorry to hear about all this, leli, Don't you need and deserve to see a shrink / counsellor of your own, to work towards finding a good solution ? Maybe also talk with the folks at Lifeline to be able to go into it in more detail

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

5
Our users say:
Posted by: Leli | 2007/05/28

Baie dankie vir julle reponses. Weet julle ek voel amper beter vandag... Ek is absoluut besig om van my kop aftegaan, ek kan niks meer doen sonder om te skree soos 'n viswuif nie. Gracie - baie dankie dat jy 'n tydjie kon afknyp vir my. Ek en my broer is weg van die mense af, hy is lekker ver hyt sy goedjies gepak en kanada toe gevlug, ek mis hom vreeslik want hy het darem altyd geweet wat aangaan en hoe ek voel. Ek is 'n jaar terug getroud met 'n wonderlike man maar weet jy ek verwoes sy lewe so want hy probeer regtig glo ek om my te help maar ek bevloek en skree die arme man so. My huwelik is ook gebaseer op 'n leuen wat ons nou try fix, ons het kinda net weggeloop en gaan trou. Baie dankie dat jy vir my sal bid ek wardeur dit regtig. Maria soos ek gese het mail my dan kan ons chat. Blondie, thanks vir jou reply ook, daar is seker familie wat omgee, wel ek weet ook nie want alles word onder die mat gevee. Baie mense sal my haat hiervoor maar ek sien actually nog my pa, gereeld ook, toe die hele kebabel uitgekom het het ek aanvanklik 'n saak gemaak maar dit toe weer terug getrek op daardie staduim was ek 14jr oud, nou my hele redenasie was gewees dat as my pa in die tronk sit bla bla bla wie gaan my skoolgeld ens betaal, nou ja omdat my ma nie veel van breins het nie was dit nooit aan my verduidelik dat hy nogsteeds voorsiening vir die basiese behoeftes moet maak nie en dan ook ek is seker v.kken simpel want ek redeneer nogsteeds dat ek te veel verwyte oor myself gaan he as die man agter tralies sit en siende dat hy sy eie vrou en kind het om te versorg wil ek dit nie op my gewete he nie. Met tyd het ek geleer om maar te 'vergewe' en weer met hom in -|- ak getree en ons gaan braai gereeld daar alhoewel my man my nie een sekond alleen daar sal los nie. Aai ek het so gemors gemaak van my lewe dat ek nie weet waar om te begin om dit skoontemaak nie. My ma is nou die dag vir die 9de keer getroud en sy ploeter ook maar aan in die lewe. Ek het op 'n staduim gedink dat ek is nogal cool want ek doen goed vir myself, ek het goeie werk, goeie man,goeie blyplek en kos. Maar lately val als uitmekaar, gaan maar beroerd by die werk kan soms nie eens huur bybring nie. Ek voel so skuldig as ons die aand nie ordentlike kos het nie want ek voel dis absoluut my plig om te voorsien. moet my nie verkeer verstaan nie my man help ook in die huis maar my verwagtinge is ontsettend hoog. En boonop is ek so vet soos 'n dragtige olifant koei, maak nie saak wat ek doen nie ek tel gewig op

Reply to Leli
Posted by: Blondie.. | 2007/05/28

Hi,

Jou storie klink baie soos myne - elke woord daarvan was identies, maar net tot by die gedeelte van vriende wat nie rerig omgee hoe dit RERIG gaan nie.

Tot daar is dit al klaar erg genoeg, ek kannie indink hoe dit moet voel om nie eers die ondersteuning van jou familie te hê nie. Ek het 'n reeks probleme, maar het darem so bietjie ondersteuning.

Ek weet eerlikwaar nie wat om vir jou te sê om te help nie aangesien ek myself nog nie eers uit hierdie gemors kon kry nie, ek wou maar net sê dat ek in 'n sin verstaan hoe moedeloos en dood jy voel...

Ek hoop iewers werk iets vir jou uit.

Reply to Blondie..
Posted by: Maria | 2007/05/28

Hi girl, eks 23 en deur soortgelyke.

Kontak my asb, ek wil, en kan, jou help.

"Maria"

Reply to Maria
Posted by: Echelle | 2007/05/28

Ai tog, ek weet nie wat om vir jou te sê nie, maar daar is wel mense daar buite wat omgee. Sterkte!

Reply to Echelle
Posted by: Gracie | 2007/05/28

Ai tog mens - waardeur gaan jy nie? Ek is so jammer vir jou maar weet nie wat ek kan doen om te help nie! Hierdie mens wie jy moet vertrou, verniel jou lewe en breek jou af. JY moet probeer om by 'n dominee/pastoor uit te kom alternatiewelik moet jy die welsyn bel - miskien sal hulle jou kan help. Ek sal vir jou bid - ek hoop nie jy sal weer probeer om jou eie lewe te neem nie, jy is kosbaar al dink jy nie so nie. Jy moet probeer wegkom van die gedierte af en jouself en jou boetie probeer red. Jou gevoelens teenoor die persoon is normaal onder die omstandighede - ek neem jou nie kwalik dat jy hierdie persoon haat nie! Jy moet sonder versuim die polisie bel - wat hy aan jou doen is verkeerd en hy moet gestraf word. Mense soos hy behoort in die tronk, nie tussen onskuldige mense soos jy nie. Asseblief moet dit nie daar laat nie - jy moet iemand nader om jou te help - soos ek vantevore gese het, jy IS kosbaar! Sterkte - ek hoop dat jy so gou moontlik sal wegkom uit hierdie haglike omstandighede waarin jy jouself bevind.

Reply to Gracie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement