advertisement
Question
Posted by: Aries - KL | 2004/11/25

My seun, my liewe probleemkind

Dokter, help my asb. Ek is desperaat en weet nie meer watter kant toe nie. Jammer vir die lang brief.
Ek was 18 toe my seun gebore is en was nooit getroud met sy pa nie. Ek het my seun alleen grootgemaak. U kan seker verstaan dat ek VREESLIK beskermend teenoor hom was en niks verkeerds van hom wou hoor nie.
Toe hy in Sub B was, wou hy koshuis toe gaan omdat 'n vriend in die koshuis was. Na baie trane en baklei, het ek hom uiteindelik laat gaan, koshuis toe. Ek is glad nie 'n geduldige mens nie, het ook maar 'n humeur aan my en het in 'n mate van die vryheid gehou, so ek het dit laat gaan. Hy was in die koshuis tot in St 4.
In hierdie tyd het ek al meer en meer begin agterkom dat hy lieg en steel, al was dit net klein dingetjies. Hy het 'n humeurtjie ontwikkel, net soos ek. Hy wou altyd sy sin hê en het baklei, sy speelgoed uit die kot gegooi en 'tantrums' gegooi tot hy sy sin gekry het.
Twee kêrels en my verloofde het my oor tyd gelos omdat hulle nie met my seun oor die weg kon kom nie, en omdat hy van hulle en my gesteel het.
In St 5 het hy by sy pa gaan bly en kort voor lank het sy pa begin kla oor sy 'attitute', sy liegery, sy stelery en helaas die feit dat hy benzien suig.
Dit het later oorgegaan in dagga gebruik.
In St 6 is my seun terug by my, en sommer nog in die vakansie, word hy gevang dat hy goed uit die vulstasie se kaffee steel. Dit kos mooi praat om nie die polisie te laat kom nie.
In die tyd vang ek hom 2 keer, so dronk soos 'n tor. My verhouding van die afgelope jaar begin suur raak.
Hy (toe 15) en my kerel se dogtertjie (toe 9) word gevang net nadat hy 'n kondoom aangesit het. Ek en my seun word uit my kerel se huis gejaag, maar word later weer toegelaat.
Ek vat altwee die kinders na 'n sielkundige toe en die sielkundige sê dat die dogterjie te bang was om nee te se, dat my seun 'n en dat hy 'n bobaas manupileerder is, en hy voorsien nog baie probleme vir my in die toekoms.
My seun sien vir 'n jaar lank, elke week 'n sielkundige ('n ander een as wat my seun en die dogterjie gesien het). Sy sê hy het baie issues, maar hy het 'n goeie hart, ek is te sag om hom te hanteer en hy het sy pa se hand en leiding nodig.
Teen die tyd is die verhouding tussen my seun en sy pa ook so suur dat sy pa nie veel van hom wil weet nie, en my seun weier om na sy pa toe te gaan.
Verlede jaar word my seun en van sy vriende gevang waar hulle omtrent R8000 se goed van my kerel steel. Dit kos bloed sweet maar uiteindlik word hulle nie aangekla nie. Ek betaal nogsteeds terug...
Dinge word net nie beter nie, en my en my seun se verhouding versuur. Partymaal praat hy met my asof ek 'n stoflap is, belieg en bedrieg my, steel nogsteeds van my, ek kan aangaan en aangaan...
Omtrent 8 maande gelede vang die polisie hom met dagga.
Dit het my gebreek. Dit het my verhouding met my kerel van die afgelope 4 jaar so belmmer dat ek uiteindelik, drie maande gelede uitgetrek het.
Sy pa wil hê hy moet teruggaan na hom toe, en hy wil hom in 'n boys town sit. Ek het baklei en gesmeek, en uiteindlik reggekry dat my seun nog bly. Hy gaan Sanca toe en word gereeld getoets vir Dagga, en enige ander middel wat hy moontlik kan gebruik. Hy was die afgelope 6 maande nog skoon, maar toe gebeur dit dat sy meisie hom drie weke gelede los, en hy begin weer dagga rook.
Verlede naweek gaan hy en 'n vriend in ander mense se tuin en gaan verwoes 'n kersfeesboompie en liggies.
My kerel vind uit daarvan en dat hy weer dagga rook en wil sy pa laat weet.
Ek weet nie meer watter kant toe nie. Ek wil nie my kind verloor nie en wil hom net help. Ek is liewer vir hom as vir my eie lewe. Daarom wens ek partymaal, wanneer ons so baklei (en dit gebeur baie) dat ek 'n geweer gehad het. Dan sou ek sommer 'my brein voor hom uitblaas' want 'miskien is dit genoeg om hom reg te skok in die lewe'.
Sy pa het 'n advokaat gaan sien en is bereid om my vir toesig te veg sodat hy die kind in 'a place of safety' en 'reabilitasie' kan sit. Ek het hom nog nie eers laat weet dat die kind weer begin het met dagga nie, want ek is bang my kind loop weg of pleeg selfmoord. Hy het my al gedreig dat hy vir homself kan sorg en met perlemoen duikers deurkekaar sal raak as ek sy pa laat weet.
Hy het nou gese dat hy sal ophou met dagga, maar ek weet nie of ek hom hierdie keer kan glo nie.
Hy sê ook dat hy niks fout sien met dagga nie, dat hy nie onttekkingsimptome kry nie, en dat die nagevolge wat ek en sanca hom van vertel, net 'n storie is.
Help my asseblief. Vertel my asb wat gebeur in mens se liggaam as jy dagga gebruik, wat die newe effekte is en wat die nagevolge is.
Ek is desperaat, asseblief.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

Awfully complex situation and story, Aries. I agree with Q and the others. This boy has never really needed to take responsibility for his own actions and decisions, as you keep rescuing him. Maybe, as Paul suggests,. Boystown could help.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2014/08/04

ek weet nie,ek hoor van wat julle se,ek het my seun weggevat by sy ma toe hy gr3 was,gr4 moes ons hoor hoe arm ons is en dat hulle dae laas geeet het!! hy is nou in gr 8 dit is nou al die 4de keer wat goed uit my huis gesteel word en nie klein goedjies nie,ek het hom mooi gevra hy het heeltyd ander beskuldig tot ek ouers en kinders betrokke gekry het toe kom die waarheid uit!! hy steel by my hy lieg en berdrieg ons hy manupileer ons knou sy Susie af wat nou gr4 is en sy is so wonderlike kind wat n blink toekoms voor haar het maar hy het n manier om alles te verander volgens sy wil!! hy praat ook met almal asof hulle gemors is as ek nie by die huis is nie!! ek het hom al gewetter gedryg gestraf sak geld weggevat alles weggevat sodat hy moet leer hoe om geld te verdien met mense te praat maar hy pas so mooi in by alles en loop bree skouer rond asof niks gebeur het nie!! gaan ek hom laat toesluit met wie praat jy wat kan help met so kind??? dit is hard maar as ek sy pa hom nie eers kan reghelp wie kan???

Reply to Anonymous
Posted by: Paul se Meisie | 2004/11/25

Jong, jou brief maak my vreeslik bekommerd want ek is self 'n enkel ouer met 'n seuntjie van 3. Wat ek wel agtergekom het is dat 'n kind 'n pa baie nodig het, en dat mans anders en meer objektief na kinders kyk as vrouens. Jy is die een wat vertroos en beskerm, terwyl 'n pa die een is wat rig en leer. Geen jou seun se pa 'n kans, dit kan net werk. Ek weet dit is vreeslik moeilik, maar jy het tog gesien dat die nie kan werk met net troos en beskerm nie - veral nie met seuns nie.

Reply to Paul se Meisie
Posted by: Paul | 2004/11/25

Suster jou seun is oppad ondertoe en vinnig. Boystown kan werk as ek jy is laat ek sy pa hom oorvat, tough love toepas en hom regruk. Die probleem het klein klein al begin met hom sy sin laat kry in alles. Jy beskerm hom in alles wat hy verkeerd doen, so jy is verantwoordelik vir wat nou gebeur maak reg.

Reply to Paul
Posted by: Mona | 2004/11/25

Jy moes NOOIT die kind koshuis toe gestuur het nie... wie sit 'n 7 jarige kind in die koshuis??

Anyways, ek dink 'n paar aande in die tronk sal hom goed doen, hou op om hom te verdedig!

Reply to Mona
Posted by: lady nina | 2004/11/25

hi there

hoe wil jy he die kind moet verantwoordelikheid leer as jy hom elke keer uit help ????

hy moet leer die lewe byt en as jy hom elke keer beskerm sal hy nooit leer nie, stuur hom boys town to want hy het geen respek vir jou nie en daarom het jy geen authority nie

nina

Reply to lady nina
Posted by: Lucia | 2004/11/25

Hi Aries - KL

Jong, ek het self twee tiener seuns (die oudste is twee jaar terug klaar met matriek en werk nou) en die jongste woon nog by my (16 jaar oud). Ek hoor waar jy vandaan kom - ek het self my seuns alleen groot gemaak tot sowat sewe jaar gelede. Dit is nie maklik nie en 'n mens is geneig om te veel te skerm vir hulle (laat meer toe as gewoonlik) en dit stel 'n kind in staat om uit te draai in 'n manupileerder.

My enigste raad is, omdat jou kind al sover in die pad af is - ek glo nie jy kan hom eens meer bereik nie - sal die beste wees dat jou man hom wel Boys Town toe stuur. Ek weet dit gaan jou breek om jou kind te laat gaan, maar ek glo jy wil eerder he hy moet gehelp word en jy wil hom nie eendag in 'n lykshuis gaan uitken nie. Soos dinge nou aangaan - het jy veel van 'n keuse ?

Reply to Lucia
Posted by: Q | 2004/11/25

Hier is twee groot probleme en laat ons nie doekies omdraai nie, jou seun manipileer jou en jy val daarvoor jou goedheid het hom die goedkeuring gegee om aan te gaan nes hy wil!! daar is n program wat hulle tuff love noem en klink my in sy geval is dit al wat gaan help, hy sal moet boys town toe gaan en baie van boys town se kinders het uitblinkers geword in die samelewing!!!! Jy sal hom moet vasvat want nie jy of jou kind se pa kan nie!!!! dis tyd vir tuff love al huil hy al skop hy al skree hy moet jy vir jouself en meeste van alles vir hom nou ingryp en oe toe knyp en laat gaan!! Ek hoop nie dis al te laat nie, twede die dwelem ding gaan hom sy lewe kos dit begin by benzien en gom en gaan oor na dagga en dan is dit nie genoeg nie dan kom mandracs as hy dit nie al gebruik nie die volgende is coc ens, hy steel om sy adiction te voer so ja dis maar al so hy sal moet gaan uitdroog ook nog!! die buierigheid is as gevolg van sy dagga gebruik en dit kan ook brein skade veroorsaak!! sterkte jong maar kan jo dit se jy sal moet hare op jou tande he vir die een

Reply to Q

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement