advertisement
Question
Posted by: Keen | 2007/03/13

My progress

Hallo dok

Wel., dit gaan bietjie beter met my. My Gastro dok het teruggebel na my kolonoskopie en gastroskopie en gesê dat hy nie enige tekens van 'n dermsiekte kon optel nie. Hy het spesifiek na die terminale ileum (sp?) gekyk en biopsie gedoen. Hy het ook 'n rektale biopsie asook biopsie van my maag gedoen.

Die biopsie verslag het ek nie self gesien nie, maar net so 'n stukkie daarvan gesien. Die dokter se scope verslag sê dat daar plek plek rooiheid in die kolon was, veral die rektale area. In my maag het hy 'n ernstige H.Pylori infeksie gevind asook 'n matige gastritis.

Nou het ek twee vrae.

1. Volgens die biopsie verslag is die inflammasie non-spesifiek. Sou 'n siekte soos Chron's of Ulseratiewe Kolitis deur die biopsies gediagnoseer geword het? My pyn is meestal onder regs in die kolon. Die gastro dokter lyk nie bekommerd daaroor nie, maar sê wel dat hy nie heeltemal oortuig is dat dit IBS is nie. My GP sê dis IBS maar die spesialis lyk nie te oortuig nie....dit laat my worry wie om te glo..??

2. My H.Pylori infeksie sukkel ek om weg te kry. Ek het 'n teer gevoel oor my maagarea en die regterkant net so onder die sternum naby die rib is bietjie opgeswel en sensitief. (ek het eers gedog dis my lewer, wanty my lewertellings was mos baie hoog, maar hy het die weer getoets en dis nou terug na normaal) Die gastro dok (hy's 'n lewerspesialis en internis ook!!) sê dis kan die gastritis wees (ek kry glad nie sooibrand nie). Maar dis nou al vir amper 6 maande lank so...hy het vir my Amoxil, Klacid en Nexium gegee, maar daardie aaklige brand gevoel op my vel het weer terug gekom. Toe moes ek die antibiotika stop. Ek kry ook daai gevoel met Ciprobay. Ek is net bang dat ek later allergies gaan raak vir 'n antibiotika wat ek regtig moet gebruik....my gastro dok sê dit kan spanning ook wees. So nou is ek op Nexium 40mg, Stresam 50mg 3 x per dag. Ek moet dit vir een maand gebruik en terugkom na hom toe. Kan gastritis die teerheid op my maag en regterrib veroorsaak....my galblaas was gesonar en is fine.

O ja, ek sien more die uroloog vir die brandpyne en pyne in my blaasarea (moontlike nie bakteriele prostatitis /cystitis....sjoe...die jaar het nog nie eens begin nie en ek het al meer pype in my gehad as meeste mense wat ek ken.

Ek klink nou erger as wat die situasie is maar ek wil graag antwoorde begin kry dat ek kan aangaan met my lewe...hierdie gesondheidsstories van my begin nou 'n obsessie raak...

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Keen
Ek sou die spesialis glo - die biopsies sou duidelik Chron's of Ulseratiewe Kolitis uitgewys het.
Ja gastritis kan defnitief die pyn op jou maag en regterrib veroorsaak.
Lees hierdie interessante artikel vir antibiotika plaasvervangende behandeling vir H pylori
Bismuth, probiotika en "Mastic" lyk vir my werk die beste,en lyk my mens moet pynappels en kool en broccoli eet!

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement