advertisement
Question
Posted by: Blou | 2003/12/11

My ma het 'n balans problem

My ma het sedert die 6de ovember 2003 'n probleem met haar balans. Alles het begin met naarheid en 'n deurmekar maag. Van daar af het sy 'n dokter gaan sien wat vermoed het dat sy middel oor ontsteking het. Na vele behandelings het dit nie verbeter nie. Sy is oor na 'n terapeut toe om haar nek spiere (wat aansienlik baie hard is) te behandel. Nog steeds het niks gewerk nie, So drie weke terug is my ma na 'n Nek-Oor spesialis toe, die het weer vermoed dit is haar balans senuwee maar die brein scans het skoon terug gekom. Nou behandel 'n ander dokter haar weer vir cholestrol en nog steeds vir die middel oor ontsteking. En sy moet elke dat 12 kortozoon pille drink wat voorgeskryf is deur die spesialis. Nou wil ek net weet of daar nie dalk iets anders met haar fout is nie, siende dat sy nog steeds dronk is in haar kop, met 'n stywe nek rond beweeg en wil dood gaan van hoofpyn. Kan u asseblief vir my lig werp op die probleem.

Met dank

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Blou, dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om haar te ondersoek en selfs dan sal dit waarskynlik ‘n moeilike taak wees. Dit mag wees as gevolg van ‘n virus infeksie en dan behoort dit vanself op te klaar. Daar is verskeie oorsake vir duiseligheid en ek kan nie almal hier noem nie. Die volgende is die mees algemeenste oor oorsake:
Lengte van duiseligheid episode = sekondes
Gehoorsimptome teenwoordig => Perilimfatiese fistula
Gehoorsimptome afwesig => Posisionele duiseligheid, vertebrobassilêre ontoereikendheid, servikale duiseligheid
Lengte van duiseligheid episode = ure
Gehoorsimptome teenwoordig => Ménière sindroom, sifilis
Gehoorsimptome afwesig => Vestibulêre migraine, herhalende vestibulopatie
Lengte van duiseligheid episode = dae
Gehoorsimptome teenwoordig => Labirintitis, besering van die labirint Gehoorsimptome afwesig => Vestibulêre neuronitis
Lengte van duiseligheid episode = maande
Gehoorsimptome teenwoordig => Akoestiese neuroom, geneesmiddels Gehoorsimptome afwesig => Multipele sklerose, serebrale degenerasie
Soos jy kan sien is hierdie nie werklik ‘n probleem wat mens maklik oor die Net kan hanteer nie. As die oor, neus en keel spesialis nie kan help nie sal dit dalk die moeite werd wees om ‘n neuroloog te konsulteer. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement