advertisement
Question
Posted by: Connie | 2005/07/04

My lewe is 'n ramp

Ek kry geen bevrediging in my lewe nie. Ek het die boringste werk wat jy kan aan dink. Ek werk net to so 10h30 dan is al my werk klaar, maar dan moet ek hier bly sit alleen in 'n kantoor tot 15h30 vir ingeval die telefoon lui - wat ook nie gebeur nie. As ek vanaand by die huis kom is my man moeg en soek net bietjie rus en vrede na sy besige dag en is nie lus vir so baie gesels nie....
Ek is so frustreerd dat ek sommer soms angstig raak.

ek weet julle gaan nou almal vir my se ek moet vir my 'n ander werk kry, maar dit is nie so maklik nie, veral om weer die selfde voordele, salaris en veral die werksure te kry - sien ek word betaal vir wat ek weet en nie vir wat ek doen nie (grappie, maar ek kry heeltemal te veel geld vir dit wat ek doen).

Hoe kan ek bevrediging kry as ek heeldag sit en lees, veral hierdie site. Ek mis mense om my en is gewoond aan 'n groot kantoor opset... Ek is so eensaam by die werk en by die huis al wat ek het is my twee kinders met wie ek kan kommunikeer...

Enige raad? of laat my net beter voel asseblief!

Lekker dag!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

I have never, so far, had the problem of being paid far too much ! But I grasp your problem. isn't there an HR or similar dept at your work, with whom you could discuss this, and look for job enrichment opportunities ? Maybe take courses to advance your level of work ; maybe take on some additional responsibilities to make it more full and interesting ?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: caz | 2005/07/04

nee, jou lewe is nie n ramp nie.

myne is.....single, geen kinders, nie R10000 pm nie, eensaam......

Reply to caz
Posted by: NLM | 2005/07/04

In die eerste plek het jy n rekenaar tot jou beskikking, anders kon jy nie hier posteer nie. Skryf in vir n rekenaar kursus en gebruik jou tyd nuttig. Al is jy n P A , kan jy n boekhou kursus neem en dan sommer sy boeke begin doen en bestuursstate vir sy besigheid ontwikkel. Kyk na programme soos PASTEL en EXCELL. Begin daarmee.

Reply to NLM
Posted by: Hey | 2005/07/04

Connie skryf tog aan male23. Hy is net so verveeld en is desperaat vir afleiding. Asseblief tog!

Reply to Hey
Posted by: Liza | 2005/07/04

Connie - hoekom probeer jy nie aan kreatiewe maniere dinge dink om die besigheid uit te brei nie? Wat vir jou meer werk sal maak - en jou baas baie meer dankbaar maak. Anders stem ek met die ander saam - studeer so bietjie vir 'n diploma. Dit kan die tyd net vinniger verby laat gaan - minder tyd om ongelukkig te wees. Dan ook die voordeel dat jy makliker ander werk sal kan kry.

Reply to Liza
Posted by: Connie | 2005/07/04

Nope, geen HR departemen hier nie. Ek is by 'n eenmansaak, net ons tweetjies hier - hy maak geld en ek sit en kyk (nie altyd nie, soms werk ek bietjie) - ek is die PA. ek is regtig oorbetaald en onderwerk. Ek verdien R10 000 pm, waar anders sal ek as PA soveel verdien en hierdie ure werk (Maandag tot Donderdag vanf 8h00 tot 15h30 en Vrydae tot 13h00)?????????

Ek raak lui, regtig ek soek werk!!!!

Reply to Connie
Posted by: Male23 | 2005/07/04

Weet jy hoe baie mense wens hulle kon so werk soos jy he! Maar ek verstaan wat jy se, en die nadeel is, as jy niks werk het om te doen nie, gaan die tyd hopeloos te stadig verby ook. Wat ek sou doen as ek jy was,sou wees om 'n sekere rigting te kies waarin jy wil werk, en doen diploma's of iets, dan as jy niks het om te doen by die werk, sit en leer bietjie, na 'n jaar of wat, sal jy heelwat makliker 'n ander werk kan kry.

Email my gerus by male23help AT hotmail DOT com
Jy is net so gelukkig om 2 kinders te kan he, wow!

Reply to Male23

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement