advertisement
Question
Posted by: frances | 2004/10/15

My Kat Kind

Ek het n klein katjie gekry,die ma het haar verwerp,sy was omtred so twee weke oud. Ek het haar groot gemaak op n bottel met pupomilko,wat ek by my vearts gekry het. Haar een ogie het altyd bly traan,so asof daar n trekkie in gekom het. Die vearts het gese ek hoef nie bekomerd te wees oor dit nie,dit sal reg kom. Toe sy vir haar laaste inspuiting gegaan het,het ek aan hom genoem die oog raak nie beter nie. Ek het by hom Terra-Cortril gekry wat ek 3xdag moet insit en dan vir vyf dae ophou. Sy word nou vyf maande oud en die ogie kry nog somtyds nog dieselfde simptome,moet ek maar nogsteeds die oog salf gebruik? Die oog is soms effens rooi pienk en dan is dit asof dit vreeslik sensetief is,en dit is asof daar traaintjies uitkom. Dan n ander ding party keer wil sy nie eet nie,dan moet ek haar kossie in my hand sit dan eet sy so. Ek hou haar altyd in die huis en wil nie he sy moet uitgaan nie,sy gaan wel uit as ek haar uitvat,maar nie vir lank nie.As ons gaan slaap dan kom le sy by my nek of langs my kop op die kussing,of onder die kombers.Sy maaiu as sy my nie kry nie,sal dit n probleem raak as ek met verlof gaan en haar by n katte lodge los,vir n week?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Die ogie behoort weer ordentlik ondersoek te word as dit so herhaaldelik voorkom. As jou veearts nie kan help nie kan 'n veterinere oogspesialis dalk help. In sekere gevalle is dit herhaaldelike inflammasie agv 'n chroniese virus, maar dan is dit gewoonlik albei oe. Die oogsalf kan nie onophoudelik gebruik word nie.

Die meeste katte bly sonder probleme in kathokke wanneer die eienaars met verlof gaan, so doenn dit gerus.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: NM | 2004/10/19

Weet jy, ek is seker sy sal okay wees as jy haar by 'n cattery los. Ek persoonlik sal nie sommer my 2 kieters daar los nie. Ek voel dat ek hulle liewer alleen by die huis los (met HOPE kos en iemand wat kan kom "check") - sodoende hoef hulle net met die feit te "deal" dat "ma" nie daar is nie as wat hulle nog in 'n vreemde omgewing tussen vreemde katte moes wees.

Reply to NM

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement