advertisement
Question
Posted by: 911Angel | 2007/04/10

Monster uit die hel

Ek het die naweek my verloofde se ma ontmoet en glo my as ek sê sy is 'n monster uit die hel. Ons het 'n ooreenkoms dat ons nie sal saam bly voor ons nie getroud is nie. Ek het vir die eerste keer vandag ons uitgaan sy ma ontmoet, want sy het vêr gebly, maar het verlede week by hom kom intrek. Ons alby werk skofte en het 'n lewe van ons eie en kan haar nie heel dag baby sit nie. Daar is niks verkeerd met haar nie, sy is nog gesond en kan nog werk, maar verkies om nie te werk. Sy kla oor alles, ons skofte wat ons werk, veral nagskof, want sy is glo bang. Sy kla as ons wil uitgaan om te gaan dans, ons nooi haar saam, maar dan vertel sy vir ons dat sy nie haar voete in SULKE plekke sit nie, wat dit ookal mag beteken. Ons het haar Sondag saam uitgevat om by haar suster te gaan kuier en daaroor was sy ook nie gelukkig nie. Ons uniforms is gewoonlik te vuil na haar sin, want dit lyk of ons in die bloed en grond gerol het, ons werk met bloed op ongelukke, wat dink sy? Sodra sy nie aandag kry nie is die duiwel behoorlik los en dan moet jy hoor hoe sleg jy is en dat sy 'n weggooi hond is. Ons werk soms laat en net sodra jy dink jy gaan bietjie laat slaap want jy werk nie die volgende oggend nie het jy 'n reuse vlater begaan, want 05H00 jaag sy jou uit jou bed, want sy wil skoonmaak en jy is in haar pad.

Ek was juis die naweek omdat ek 'n operasie gehad het en my verloofde my bietjie wou piep sodat ek bietjie kan rus en herstel, maar met sy ma wat jou 05H00 uit die bed jaag en as jy weer 'n bietjie wil gaan lê kry sy amper 'n oorval, want jy krap die bed om en maak die kamer deurmekaar. Ek het glad nie gerus of herstel nie, inteendeel van al haar opjaag en rondjaag het ek ontsteking in my wonde en wil dood van pyn.

Ek kon gister nie wag om by my eie woonstel te kom, weg van haar af nie, want sy sal my mal maak. Die enigste probleem is dat sodra ons trou is sy saam met ons in die huis. My verloofde het met sy broers gepraat en gevra of hulle ma kan beurte maak om by die broers ook te gaan bly, maar niemand sien kans vir haar nie omdat sy so kla oor alles. Sy weier om na 'n ouetehuis te gaan, maar ek weet ook nie van watter ouderdom kan sy ouetehuis toe gaan nie, sy is tans 62.

Ek sien nie kans om saam met haar in een huis te bly nie, want as sy die hele dag so gaan loop en kla, gaan ek dalk net my maniere vergeet en vir haar vertel wat ek van haar dink en ek glo nie dit sal goed wees vir ons huwelik nie. My verloofde kan self nie meer sy ma se gekla uitstaan nie, maar weet nie wat om met haar te doen nie, want niemand wil na haar kyk nie.

Ek sien nie kans om met hom te trou oor twee maande as sy ma saam met ons in 'n huis gaan wees nie, want ek weet nou al dit gaan argumente tussen my en hom veroorsaak en ek het nie krag om in die skeihof te eindig oor 'n vrou wat haar neus in almal se sake steek en nie kan ophou kla nie. Wat kan ek doen? Help my asb?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

7
Our users say:
Posted by: 911Angel | 2007/04/10

Dankie almal, maar dit gaan nog nie help nie. Sy broers wil niks van haar weet nie en wil glad nie 'n bydrae maak tot haar versorging nie. Sy kla reeds oor sy alleen is, as ek haar in my woonstel in Boksburg laat bly en ons bly in Pretoria dink net hoe gaan sy dan kla. Ek is op die punt om vir haar te vertel sy moet groot word, want net kinders loop en kla oor als anders moet sy maar by haar suster gaan bly want ek het nie die krag om met haar klagtes te sit nie. My verloofde het 'n oorplasing gekry by sy werk vanaf Pretoria na Boksburg en glo my, my woonstel is te klein vir drie van ons, so moedertjie gaan maar in Pretoria by haar familie moet bly.

Reply to 911Angel
Posted by: Haha | 2007/04/10

Hulle sal moet help anders gaan sy by een van hulle moet bly... kyk hoe vinnig help hulle finansieel as hulle hoor sy sal by hulle MOET bly....

Reply to Haha
Posted by: Gracie | 2007/04/10

Se vir die ou heks sy moet ander blyplek soek - sy gaan jou lewe versuur solank as wat sy by julle woon - sy is nie julle verantwoordelikheid nie. Skryf haar by die hoekie vir eensames in (LOL!!!) miskien kry sy 'n man (wishful thinking). Shame ek kry jou jammer, maar weereens sy is nie julle verantwoordelikheid nie en jou aanstaande se broers en/of susters moet maar uithelp en kyk wat julle vir haar kan doen. Doen navraag by julle plaaslike ouetehuis of bespreek die saak met haar predikant, miskien sal iemand, iewers vir julle kan help!! Sterkte - klink vir my jy het dit nodig!!

Reply to Gracie
Posted by: Maria | 2007/04/10

Jou verloofde sal sy ma moet uitsorteer, anders is jy reg, die huwelik sal dit nie maak nie. Kan sy dalk in jou woonstel gaan bly wanneer julle trou en jy by hom intrek? Ek dink die meeste tradisionele ouetehuise neem nie sulke jong, gesonde mense in nie. Die enigste ander alternatief is om vir haar 'n woonstel of huis in 'n aftreeoord te koop, ongelukkig 'n duur opsie. Sal jou verloofde se broers finansieel bydra as julle so 'n plek vir haar kan opspoor?

Reply to Maria
Posted by: C. | 2007/04/10

Jirretjie Haha, daar vat jy nou die aap aan sy bols! Gee haar gas! Hmmm, hoekom het ek nie daaraan gedink nie?!

Reply to C.
Posted by: haha | 2007/04/10

maak haar ongemaklik man. julle moet vry en karvoefel voor haar en ignoreer haar aanmerkings. ignoreer ook haar geklaery. as sy jou uit die bed uitjaag, se nee, jy wil nog slaap. julle gee haar die krag. vat dit nou weg. wie de hel dink sy is sy eintlik. ek sou lankal vir my eie ma gese het om te "back off" in fact ek het al. se vir haar julle sal haar forseer in 'n aftree oord in as sy nie haar kak stop nie. dis nou julle lewe, en sy moet daar uit bly. laat haar weet dat dit inconvenient is om haar by julle te he as sy julle so baie kak gaan gee.

Reply to haha
Posted by: C. | 2007/04/10

O gits, wat 'n tammeletjie! Julle sal baie beslis 'n plan moet maak om die ou vrou uit julle huis te kry. Sy sal sonder twyfel 'n massiewe spanner in die huwelikworks steek as sy by julle moet bly. Is daar nie 'n ouetehuis relatief (en ek gebruik die woord BAIE losweg) naby aan julle nie? Dan kan julle gaan kuier en weet sy bly agter as julle genoeg gehad het? Sy kan tog nie aandring om saam met julle te bly nie of hoe? My ouma, nee albei van hulle, moes maar net maak soos haar kinders se! Hulle was (en is) baie aangename mense, maar die tyd kom wat ouers maar hulle eie potjie moet krap (keer haar net as sy werklik in haar potjie wil gaan staan en krap, lol). Hmm. Dis die enigste opsie wat ek kan sien. Miskien moet sy dan so half in die middel van al die kinders bly sodat almal haar maklik kan besoek, en geen redes het om weg te bly nie? Ek sal net voorstel dat al die kinders gelyktydig teenwoordig moet wees om die 'nuus' vir haar te breek en haar laat voel dis omdat julle 'omgee' dat julle dit doen. Vrek, hoop dit werk. Sy klink na 'n boere-nazi! lol.

Reply to C.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement