advertisement
Question
Posted by: Wilna | 2007/06/16

Mondsere/Tegretol

Goeie dag Dokter
Van pure moedeloosheid het ek my hierheen gewend. Ek hoop regtig dat u my kan help.Vir die laaste drie maande het ek pal mondsere. Aan die begin was dit nie so erg nie, maar die laaste 2 maande is dit hel. Dit is oral in my mond, groot wit sere met nog groter rooi kolle om. My gesig en my mond is verskriklik seer en geswel. My kliere in my nek bly ook geswel, by die dr was ek al hoeveel keer. Hy het al 2 keer bloedtoetse laat doen maar kon net agter kom dat ek bloedarmoede het. Ek drink nou al vir amper n maand autrin en ek drink ook vit c aanvulling.
Ek het gesoek na immuunversterkers en het toevallig afgekom op oorsake van bloedarmoede, nl Tegretol... Ek drink dit al n geruime tyd saam met cymbalta vir depressie. Kan dit dalk die rede wees. Baie Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Wilna
Ja die goed is darem baie seer en ongemaklik! Tegretol kan jou immuunstelsel onderdruk, maar dokter sou dit waarskynlik op jou bloedtoetse gesien het. Probeer om jou mond te spoel met 'n antiseptikum soos Andolex, sit Kenalog in Orobase dik op die sere ( dis so taai salf wat selfs spoeg oorleef!), vermy suur kosse soos tamaties en pynappel en sitrusvrugte.
Kyk dat jy nie 'n tandepaste gebruik wat SLS (sodium lauryl sulfate) bevat nie, vermy ook harde kosse wat jou mond binne kan beseer. Dit help ook soms om Zink tablette te suig.
Cymbalta kan blykbaar seer keel veroorsaak maar hulle se niks van mond ulcusse nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: fairy | 2016/07/15

Goeie naand my 2jarige het wit sere in haar keel en tandvleis is geswel en bloei.soek raad asb

Reply to fairy
Posted by: Wilna | 2007/06/16

Baie dankie, ek sal dit beslis probeer, ek kan dalk net noem dat ek 2 kursusse antobiotika, n anti virus en anti swam middel gebruik het. Ek het daktarin en aciclovir salf gebruik, corsodyl, orochlor, oraldine en andolex ook, sonder sukses.

Reply to Wilna

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement