advertisement
Question
Posted by: Eina | 2003/03/04

Mond Seer

Hi Doc
Die Dokter het vir my so n ruk terug Losec 20 triple pack voorgeskryf om te help met die sooibrand wat my so pla. Ek het die gedrink en toe dit klaar was het hy weer vir my Klacid 250mg en nexiam 20mg (ek dink dit is hoe dit gespel word) voorgeskryf. My probleem is dat my mond en veral my tong nou baie seer is na al hierdie pille. Ek kan nie regtig iets snaaks sien in my mond nie, hy is net lekker seer, veral as ek iets sout eet. Enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Eina, dis moeilik om te sê wat die probleem is sonder om jou te kan ondersoek, maar ek twyfel of dit iets met die pille te doen het. Daar is ‘n klein moontlikheid dat die antibiotika orale spru veroorsaak het, maar ek kan dit nie met sekerheid sê nie. Die beste sal wees om maar jou dokter te sien as dit nie opklaar nie. As jy belangstel kan jy my e-pos by CyberDoc@mweb.co.za dan stuur ek jou iets wat ek oor tong veranderinge geskryf het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Celia | 2003/03/04

Sal u asb. so gaaf wees om die bestanddele van die volgende pille te verskaf:
Degranol,Trepeline, BE-Tabs Pyridoxine HCI 25 mg, Clomazepam 25 mg ( kan ook Clohazepam wees).

Ek het altyd die volgende medisyne gebruik:1 X Efexor XR 75 mg, 1 X Serzone Saans, 1 X 300mg Trileptal soggens, 1/2 X 5 mg Pax soggens, 1 X Zycam soggens, 1 X 300mg Trileptal soggens en 1/2 X 5 mg Pax soggens. Die pille is met bogenoemde vervang. Ek het dit Maandagoggend begin drink en baie siek begin voel. Dit het aanvanklik gevoel asof ek leë golwe in my kop kry wat toe deur my hele liggaam tot in my voete versprei het. Ek het ook duiselig en naar begin voel en late verkouerig. Vanoggend was ek baie dronk en het gevoel asof ek rond steier, my man het gesê ek moet liewer kom lê. Ek was die res van die dag deurmekaar, duiselig en swak. Ek het vanmiddag probeer opstaan en buite gaan stap. Ek het so swak gevoel asof ek 'n groot operasie gehad het, behalwe dat daar geen wond is nie. Ek voel nou effens beter. Ek het vanoggend my pille soos normaalweg gedrink ( die Trileptal ens.) HELP ASB. Ons was genoodsaak om van die mediese fonds te bedank aangesien dit te duur geword het en is tans besig om na 'n ander een te soek - wat 'n gesukkel. Intussen gebruik ons die Staatshospitaal. Beide van ons is medies ongeskik gevind om te werk.

Reply to Celia
Posted by: Eina | 2003/03/04

Oops Sorry Doc, Ek het vergeet om n ietsie by te sit. Ek het al so bietjie inteflora gebruik (ek het dit elke aand voor ek gaan slaap op my tong gegooi seker nou al so 5 aande). Ek spoel my mond ook so 3 keer per dag met andolex C uit.

Reply to Eina

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement