advertisement
Question
Posted by: Vlooi | 2004/10/24

Moeg vir Eks se stories!!!

Hi daar,

Ek het n probleem met my man,se eks vrou (het ons allmal maar nie) wel myne het so begin........Ek het my man 4jaar terug ontmoed, toe was hy al 2md geskei, ek het hom nog nooit voorheen in my lewe gesien of van sy bestaan geweet nie....nog minder die eks. Toe sy uitvind daar is iemand anders weer in sy lewe,en nie meer oor haar treur nie,,toe beskuldig sy my dat ek haar huwelik op die rotse beland het(hahahha) My nie veel daaraan gesteur nie....want sy is die een wat ander weivelde gaan soek het.

Hulle het n seun van 9jaar oud,en ek is baie lief vir die kind soos wat ek vir my meisiekind van 13jaar oud is. Ons kom goed oor die weg,asook die twee kinders met mekaar en my man..

Toe die vrou uitvind ons gaan trou,,sjoe dit was vir jou n ding, Sy Wou weet waarom het hy dit nie met haar bespreek nie, hy noem aan haar dat sy Nie meer n se oor hom het nie en dat hulle al 2jaar geskei is,en hy kan doen wat hy wil. (Ek dink sy het gehoop daar is n kaans dat hulle sou versoen raak....en dat haar nuwe liefde toe nie uitgewerk het nie, maar wel op n ramp.) Wel ons het getrou en die kinders was by gewees.

Maar wat my nou die d###### in maak is.... nou die aand bel hy haar om te se hy kom haal sy seun vir die Desember vakansie, toe wil sy weet wie gaan na die kind kyk, sy weet ek is heel dag by die huis,so ek sal met graagte na die kind kyk. As hy vir ons kom kuier,,,maar daar het sy gese "haar kind het net een ma, en ek moet nie dink ek is sy ma nie" Maar sy vergeet van haar "TOYBOY" en sy laat toe dat die kind vir hom pa se, en as sy party Saterdae gaan werk dan kyk hy na hom...Ek het op n keer aan die seun gese dat hy net een pa het en een ma het, maar dat die ander ou Nie sy pa is nie, en dit nie reg is as hy hom so noem nie( hulle is dan nie getroud nie)

Ek het vir my man gese ek soek haar nommer sodat ek haar kan bel en vertel wat ek van haar dink. Maar hy is bang dat sy sal hardkoppig wees en nie die kind dan naweke na sy ouers toe sal laat gaan nie. Maar sy soek altyd geld vir dit en dat. Hy betaal skoolfonds, medies, buitemuurse aktiveteite, skoolklere ens. Sy kry elke maan onderhoud vir die kind R1600 en elke jaar n verhoging van wat ook al my man se verhoging is. En nou moun sy oor die ekstra bybetaling wat sy moet maak as sy vir die kind medesyne by die apteek gaan haal..sy se hy moet dit betaal..Wat maak sy met die onderhoud geld dan wat betaal word n kind van 9 kan beslis nie deur R1600 n maand gaan nie..Ons vermoed sy gebruik van die geld op haarself, want volgens die kind het sy nooit geld om speelgoed of iets vir hom te koop nie. En sy werk ook..

Ek is seker dalk selfsugtig,,,maar ek kan dit nie meer vat nie. Ek het haar nog nooit sleg gese of iets aan haar gedoen nie....Maar ek gaan dit beslis nie meer lank kan uit hou nie.

Ek moes dit van my afkry,ek voel nou beter,tot die volgende keer wat daar n oproep van haar is..

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Vlooi, ek sien jy’t eintlik vir CyberShrink gesoek. Hoop als werk uit vir jou want dit klink of jou man se eks se kop haar effens verlaat het. :-) Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement