advertisement
Question
Posted by: Marico | 2008/01/03

miokarditis

My 28-jarige, verstandelik gestremde kind was vir ongeveer 4 maande aan-en-af behandel vir aanhoudende hoes (sinus, boonste lugweginfeksies). Hy was 3 keer in Nov by huisarts, is gediagnoseer met longontsteking 2 kursusse antibiotika later was dit nierinfeksie, nog antibiotika. Hy het vir dae, niks geeët, was moeg, naar en het bietjie gekla oor pyn oor bors en rug, maar geen koors. Toe braak hy water met bruin spikkels. By noodgevalle sê internis die longinfeksie is opgeklaar, maar hy is gedihidreeer en neem hom op. Hy was rond geswel van die vog. Nier- en lewerfunksies was abnormaal en na 'n hartsonar word ons meegedeel dat hy kritiek siek is, hartspierfunksie is 19% en 'n rits tellings is baie laag of baie hoog. Bloedruk was 40/35. Hy is oorgeplaas na harteenheid en na 'n week het hy dramaties verbeter. Hy is op lenoxin, lasix en 'n bloeddrukpil ontslaan.
My vrae is hoekom hy nie dramaties siek voorgekom het, selfs nie koorsig was. Die feit dat hy 'n hoër pyndrempel as die res van ons gesin het, het dikwels tot gevolg dat hy eers baie siek is voordat ons dit agterkom - selfs dan, sal hy eerder met die dokter gesels as om te kla.
Hy kan goed kommunikeer en ek moedig hom aan om te kla as hy sleg voel. Volgens hom weet hy nie hoe voel "sleg voel" nie.
Dankie vir u aandag hieraan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marico
Miokarditis of perikarditis (inflammasie van die hartspier of hartsak) is baie keer simptoomloos of het vae simptome totdat so erg word dat dit die hartfunksie aantas. Die pasient dink baie keer die simptome is maar agv die long infeksie of die griep simptome en kom nie agter dat dit hart verwant is nie.

Die siekte vang selfs baie dokters selfs uit as jy nie ingestel is om te soek daarvoor nie omdat die simptome so vaag is en so laat presenteer.

Sien http://www.medicinenet.com/myocarditis/article.htm

Ek dink nie jy moet te hard met hom baklei of julle self blameer nie, sulke dinge gebeur soms maar net! Gelukkig klink dit vir my of hy omkeerbare hartversaking gehad het - jy moet hom maar net mooi dophou vir hartversaking simptome in die toekoms: geswelde voete of hande, kan nie plat lê sonder om te hoes nie, bruinerige (dis bloed) spoeg wat hy ophoes, kortasem as hy vinnig moet loop, are in sy nek staan uit as hy lê en later selfs as hy regop is. Volg maar so 3 maandeliks op met 'n hartsonar tot julle seker is sy hartfunksie is weer gestabiliseer.

Sterkte!
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Dot | 2008/06/15

Please explain what myocarditis grade 2 is

Reply to Dot

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement