advertisement
Question
Posted by: ANYANEWS | 2004/03/04

MINIATUUR DOBERMAN - VELPROBLEEM

My broer het 'n miniatuur doberman (bokhondjie) by sy vriend gekry. Die hondjie is nog redelik jonk, maar oral om sy gesig en nek ontwikkel ( en versprei baie vinnig) sulke wit sere. Kan dit dalk brandsiek wees en watter raad het u daarvoor. Die vel maar rondekolle wat effens verhewe is. Hy krap dit. Om die seer is die vel kaal en sit daar nie hare nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

Daar is verskeie moontlikhede, soos demodex meite, bakteriele infeksie of omlope. Die onderskeid is gewoonlik maklik met 'n mikroskoop en jou veearts kan dit doen. Die regte behandeling kan dan voorgeskryf word. Dis nogal belangrik om die toestande te diagnoseer voor dit vereder te versprei, en dalk aansteek na mense.

Dr Malan van Zyl
Veterinary Specialist Physician
Cape Town

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Henk | 2004/03/22

My skoonma het altyd vir omlope swawelpoeier en vaseline (of vet) gemeng en gereëld aangesmeer. Werk soos 'n bom.

Reply to Henk
Posted by: maryna | 2004/03/09

ek het ook so n hondtjie wat die selfde probleem ontwikkel het.Ons veearts het haar twee inspuitings gegee en n salf gegee wat basies net naeltjie olie en vaseline gemeng is gegee. Die probleem was baie vinnig verby.

Reply to maryna

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement