advertisement
Question
Posted by: Lora | 2007/05/14

Minerale in grond

Is dit waar dat ons grond uitgeput is en ons groente nie meer ryk is aan vitamiene en minerale nie?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lora
Daar is tekens dat sekere streke se grond wel uitgeput raak as daar nie die korrekte bemesting gebruik word nie, maar ons is nog baie ver van vitamien- en mineraal-arme groente. As jy in gedagte hou dat een lemoen byvoorbeeld meer as 'n dag se vitamien C behoefte bevat, dan sal 'n effense afname in vit C-inhoud nie juis saak maak nie. Die beste manier om hierdie ontluikende probleem te weerstaan is om so veel variasie in die dieet as moontlik te hê. Eet elke dag ander groente en vrugte en wissel dit af met ander vorms van groente en vrugte, bv soms vars, soms bevrore (dit kom van ander dele van die land), koop soms organiese produkte, ens.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement