advertisement
Question
Posted by: PMB | 2004/03/12

metabolisme

Ek is n Sakeman wat my lewe lank baie lang ure gewerk het en nooit regtig aandag aan myself gegee het nie. =-=- tot my spyt. Gelukkig is ek glad nie sieklik nie en het onlangs by n Gym aangesluit en oefen redelik hard elke oggend. Ek volg n spesifieke program.
Ongelukkig het ek oor die jare baie gewig aangesit en nou probeer ek ernstig daarvan ontslae raak, maar het nou n paar vrae.
1. Wat kan ek doen om my metabolisme op te kikker, maw om dit vinniger te kry? Ek is glad nie n ou vir pille en sulke dinge nie, so as daar iets anders aan gedoen kan word, sal ek bly wees om daarvan te hoor.
2. Is dit so dat advokadopeer baie goed is vir die are se skoonmaak proses?
3. Is grondboontjiebotter sleg vir n dieet?
4. Omdat ek hard oefen, wil ek nie graag sommer net my voedsel inname sny nie, want ek gebruik geen aanvullings nie omdat ek so negatief is teen pille inname. Is dit wys, of sal dit beter wees as ek my inname drasties sny en vitamine aanvullings in die plek daarvan neem en indien ja, wat kan ek voor vra by n apteek?
5. Het u n spesifieke dieet wat u sal aanbeveel vir iemand soos ek wat graag gewig wil verloor, maar nie kan bekostig om pap en traag gedurende die dag te voel nie.

U is welkom om my in Engels te antwoord.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste PMB
Geluk met jou verstandige houding en die feit dat jy begin het om gereeld te oefen. Ek sal poog om jou vrae te antwoord: a) Gereelde aërobiese oefening is die heel beste manier om jou metabolisme te stimuleer - baie beter as enige pille, ens. - hou dus aan met daardie oefeninge 2) Avokado is 'n bron van mono-onversadigde vette en het dit dus 'n positiewe uitwerking op bloedvette - dit verlaag die 'slegte' LDL-cholesterol en verhoog die 'goeie' HDL-cholesterol - dit is ook dan die rede hoekom avokado die 'Hart Merk' verdien. Onthou net dat die 'n baie hoë vetinhoud het - moet dus nie meer as 'n halwe avokado per dag eet nie, veral as jy wil verslank 3) Om gewig te verloor, moet mens a) jou energie-inname matig inkort deur 'n lae-vet, hoë-vesel-dieet te volg (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'Slimming Diet' vir 'n kopie), en b) jou energie-uitgawe te verhoog, met behulp van oefening - moenie dieetpille gebruik nie - die vitamienaanvullings kan jy wel gebruik 5) Bogenoemde dieet sal jou nie laat moeg voel nie.
Sterkte en sukses!
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: PMB | 2004/03/12

Baie dankie en ek sal laat weet hoe ek vorder. Hierdie inligting was kosbaar.

Reply to PMB

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement