advertisement
Question
Posted by: Anoniem | 2003/02/17

MENIERE SIEKTE

MY MOEDER VAN 78 JAAR IS `N JAAR GELEDE GEDIAGNOSEER MET MENIERE SE SIEKTE. DAAR
IS `N PAAR VRAGIES WAT EK GRAAG ANTWOORDE OP WIL Hè. IS MENIERE SE SIEKTE OORERF-
LIK? SY KRY NOU GEREELD DIE VERTIGO AANVALLE. SY IS OP KRONIESE MEDIKASIE NL.
ROLAB CINNAZARINE WAT SY 1 OP `N DAG MOET DRINK. WANNEER SY DIE AANVALLE KRY DRINK SY ELKE 6 UUR `N ROLAB. MOET SY DIE ROLAB VERMEERDER? WAARDEUR ONTSTAAN
DIT? KAN DIT ERGER WORD? IS DIT `N SIEKTE WAT GENEES KAN WORD? MET `N OPERASIE BYVOORBEELD?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Anoniem, ons is nie presies seker wat die oorsaak van Ménière’s is nie en ook nie of daar dalk ‘n genetiese komponent is nie. Basies word die toestand veroorsaak deur ‘n toename in middeloor druk. Soos die druk toeneem veroorsaak die stimulasie van die haarselle in die cochlea tinnitus en die in die vestibulêre apparaat veroorsaak vertigo. As die druk nog toeneem kan dit permanente skade aan die haarselle veroorsaak met doofheid tot gevolg.
Omdat ons nie weet wat die oorsaak is nie, is Ménière’s ‘n baie moeilike siekte om te behandel. Die vertigo word behandel met middels soos sinnarisien en sedeermiddels en ons beveel ook aan dat pasiënte sout en kaffeïen inname beperk. Vasodilatore, diuretika en chirurgie is soms ook ‘n opsie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: marianne | 2003/02/17

Ek is 50 en ly die afgelope 3 jaar reeds aan meniere siekte. Ek is raadop, want werk voltyds en is 'n boekhouer. Ek drink Mitil of Stemitil met die hewige aanvalle, my ore voel soos in vol water en dig toe en het reeds gehoorverlies teenoor laer frekwensies. Ek het nagelees dat daar geen blywende hulp vir die siekte is nie en dat dit met die jare vererger, sou graag wou weet of daar 'n moontlikheid van 'n kogliêre operasie gedoen kan word, siende dat kogliêre inplantings senuwee-doofheid kan omkeer. Die toestand vererger met griep, verkoue en sinus. Ek was vir 21 jaar 'n
sinuslyer - dalk hou hierdie siekte verband daarmee.
Ek sal bly wees as iemand reeds navorsing op die gebied van meniere gedoen het, buiten diè wat
reeds beskikbaar is - blykbaar kan navorsing slegs gedoen word na-doods. Die oefeninge wat voorgeskryf is, het geensins gehelp nie, maar ek het nou raad gekry om 'n aanvuller te neem -
"Grapefruit Extract" 'n USN- maak.
Ek sou graag ook van die dokter wou weet of daar hulp in die 'kuber ruimte' is, was reeds by 'n oudioloog, oor-neus-keel spesialis asook 'n neuroloog. Baie dankie

Reply to marianne

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement