advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2008/01/17

Meisie sukkel met duisligheid

My meisie sukkel vir 'n geruime tyd met duisligheid. Sy het omtrent drie weke terug flou geraak. Sy het egter bygekom, maar gekla dat sy nie haar vingers en lippe kon voel nie. Ek het egter ook daardie aand opgemerk dat haar lippe 'skeef' trek.
Sy was by die dokter, maar die het vir haar calcium tablette voorgeskryf en vir haar gesê dat sy nie genoeg water drink nie...

Sy kla egter dat die duisligheid erger raak. Wat kan dit veroorsaak? Kan dit iets ernstig wees?

Sy kan op die oomblik nie dokter to gaan nie, want haar medies is 'geblok' vir drie maande.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Bekommerd
Dit kan van lae bloeddruk, lae suiker, bloedarmoede of net baie spanning wees. As die duiseligheid haar dronk maak kan dit ook agv ’n middeloor probleem soos ’n virus infeksie van die balanssentrum wees. Sy moet maar liewer dokter toe gaan – sy kan nie nog 3 maande so aangaan nie, en daar moet dalk bloede getrek word.
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: worry | 2009/03/12

Ek wil net graag uitvind. Ek is die laaste ruk baie duislig in my kop. Dit voel of ek net wil omval. Ek sukkel al vir drie jaar met ' n gesuis in die ore. Dit wil nie weg nie en is al besig om my mal te maak. Wat veroorsaak die duisligheid en die gesuis in die ore.

Reply to worry

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement