advertisement
Question
Posted by: Morne | 2008/05/21

medikasie en dieet

Goeie dag Doc

Ek wil graag iets weet. Ek is op behandeling vir Bipolere Versteuring. My medikasie wat ek neem is Venlor 150mg, Epitec 150mg en Serequel 150mg. Ek neem almal saans.

Ek het die afgelope paar maande begin gewig aansit, 6kg om presies te wees. Ek het nog altyd 'n gesonde dieet gevolg en is redelik aktief - nie noodwendig gym nie, maar ek loop en klim trappe by die werk en ek sal winkel toe loop in plaas van met die motor ry.

Ek het die dokter gevra en hy het gese dat al die medikasie (maar veral die serequel) verlaag my metabolisme, maar daar is geen manier dat hy my medikasie kan verander nie.

Ek was by 'n dieetkundige gewees en sy het my 'n Lae GI en hoe vesel dieet gegee. Ek vol dit tot op die laaste detail, maar ek verloor niks nie. Is daar dalk enige raad wat dokter my kan gee? Ek sal dit baie waardeer.

Lekker dag verder

Morne

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Morne
Ek het nou ook jou stel medikasies nageslaan in my MIMS en vir Venlor word of gewigsverlies of -toename gelys afhangende van die reaksie van die pasiënt. Vir Epitec word niks oor gewig aangedui nie, maar by Serequel word gewigstoename genoem. Dus sal hierdie kombinasie van medikasies wel in totaal 'n negatiewe effek op jou gewig hê en gewigsverlies dwarsboom. Jy kan nie aan jou medisyne verander nie, want dan mag jou bipolêre versteuring totaal agteruitgaan - iets wat jy nie kan waag nie. Jy was ook al by 'n dieetkundige en gebruik 'n lae-vet, lae-GI dieet, dus is jou voedselinname nie die probleem nie. Al wat dan oorbly is oefening. Mens kan egter baie vermag met daaglikse, inspannende oefening (hardloop, vinnig stap, swem, fietsry, touspring, by 'n gim aansluit, ens). As jy miskien die 'Biggest Loser SA' program op E-TV gekyk het, dan sal jy onthou hoeveel oefening die deelnemers gedoen het saam met hul lae-vet diëte en van hulle het tot so veel as 30 kg verloor. Dus sal ek jou aanraai om te begin oefen - doen enigeen van bg. oefeninge wat vir jou pas, vir ten minste 30 minute of langer per dag, en jy sal die 6 kg verloor en ook die effek van die medikasie teenwerk. Verder help oefening met die gemoedstoestand en sal dit jou algemeen beter, en gesonder, laat voel.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement