advertisement
Question
Posted by: weet nie meer nie | 2007/03/26

Medikasie

Hi,

Ek was op Anti-depresante - Venlor en het natuurlik ook gewig aangesit. Dankie tog ek nou van die pille af! Maar sukkel om van die gewig ontsla te raak. Ek is nou al meer as 2 weke van die medikasie af. Daar is vir my genoem dat die medikasie my metabolisme verstadig het. Tans kry ek oefening in, eet baie gesond, probeer die low GI & GL diet volg, maar niks wil gebeur nie. Hoe lank kan dit neem voordat alles tot normaal terug keer, asook wat kan ek nog doen? Ek desperaat!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Weet Nie Meer Nie
Dit gaan baie langer as 2 weke vat voordat jou metabolisme begin reageer op die gesonde dieet en die oefening. Jy het moontlik die antidepressant vir maande geneem, en dit vat tyd vir mens se liggaam om weer aan die gang te kom. Aërobiese oefening is steeds een van die heel beste maniere om jou metabolisme te stimuleer, en mens behoort tot 90 minute se oefening per dag te doen (dit is die nuutste aanbeveling as mens wil gewig verloor). Kyk ook dat jou vetinname laer is as in die verlede want jy kan baie energie spaar deur net jou vetinname in te kort.
Hou moed
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement