advertisement
Question
Posted by: rene | 2004/03/06

medikasie

beste dok,
ek wil graag hoor wat kan ek drink om my metabolisme aan te jaag.
was voorheen by 'n dieet kliniek en die dokter het gese dat ek 'n vreeslike stadige metabolisme het, het toe pille voor geskryf en ek het baie goed gewig verloor
maar ons het intussen ver weg getrek en ek het die naam verloor
ek sal dit wardeer as dok my kan help asseblief
dankie
rene

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Ek wil aanbeveel dat jy 'n mediese dr raadpleeg om vas te stel of jou tiroïed onderaktief is en indien wel om tiroksien voor te skryf. Ek is nie ten gunste van dieetpille wat jou aptyt onderdruk want dit kan nadelige newe-effekte veroorsaak. Onthou ook dat gereelde, aërobiese oefening die heel beste stimulant vir jou metabolisme is - begin dus so aktief as moontlik word - stap, swem, ry fiets, sluit aan by 'n gimnasium - enigiets om aktief te word.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement