advertisement
Question
Posted by: Liken | 2004/09/27

Mayonaise

Hi

Ek wil graag weet of mayonaise regtig so sleg is vir 'n mens. Ek is wel 12 kg oor gewig, en skep 1 teelepel mayonaise oor my slaai elke middag. Ek gym 2 keer per week vir 60min. Tot nou te het ek al 4 kg verloor in 3 weke se tyd. Kan ek vinniger gewig verloor as ek mayonaise uitskakel?

Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Liken
Alle kosse is teoreties aanvaarbaar mits mens nie te veel daarvan eet nie. Mayonnaise bevat 514 kcal per 100g, dus sal een eetlepel van 15g dan 77 kcal bevat, wat 5% van jou daaglikse energie-inname van 1500 kcal (verslankingsdieet) verteenwoordig. So lank as wat jy matigheid beoefen, kan jy wel die mayonnaise as deel van 'n gebalanseerde verslankingsdieet gebruik.
Hou aan met die oefening.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Ms | 2004/09/28

Liken,

Daar is natuurlik lae vet mayo ook beskikbaar en ander lae vet slaaisouse. Ek kan nie dink dat dit die oorsaak gaan wees van 'n verminderde gewigsverlies nie. Miskien moet jy jou hele dieet hersien en dalk oorweeg om jou een uur sessies op te split en elke dag eerder 30-40 minute te oefen (4-5keer per week)

Net 'n voorstel! Hou aan met jou goei vordering.

Reply to Ms
Posted by: ray | 2004/09/27

Type in english!!!!

Reply to ray

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement