advertisement
Question
Posted by: Vrou | 2009/03/23

Man sukkel met hoë  bloeddruk

My man (35) was 5 dae opgeneem om hoë  bloeddruk (180 bo 150) onder beheer te kry. Hulle het hom vir ' n klomp goed getoets onder andere sy lewer. Sy lewertelling was 140 en normaalweg moet dit 40 wees? Hy het 3 pilletjies gekry om te gebruik ek het nou nie die name nie, een van hulle is die bloeddruk pil. Ek weet nie of die ander pil dalk vir die lewer kan wees nie. My groot vraag is  wat veroorsaak lewer-skade. Dr. het gesê  dat hy sterk drank moet los. Wel hy is nou af van die cane en drink bier ek weet nie of dit beter is nie?? My ma sê  pille kan ook lewer-skade veroorsaak maar ek kan nie dink hulle gee vir hom 3 pille per dag as dit skade kan veroorsaak nie. Kan ' n adcodol wat hy so nou en dan geneem het die erg skade veroorsaak het? En hoe lyk en herstel ' n lewer wat so erg skade gekry het. Is daar ' n website wat ek kan opkyk oor hierdie onderwerp? En hoe moet hy sy pille drink? My skoonpa sê  ' n mens drink die bloeddruk pil snags en my ma drink haar nou weer soggens. Hy is nou reeds 14dae op die pille maar hy kla van ' n aanhoudende kopseer - drukking agter die oë . Is dit normaal? Ek sal more die pille se name bring.
Dankie vir u tyd.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Vrou
die lewertelling van 140 is darem nie te erg nie, en pas in met alkohol lewerskade. As hulle ophou alkohol gebruik herstel dit gewoonlik. Hy moet net nie meer as 1 of 2 biere per dag gebruik nie. Adcodol nou en dan behoort nie probleme te gee nie. Dit hang af van die pille wanneer dit geneem moet word - laat weet my watter hy gebruik? Die kopseer kan dalk nog van die bloeddruk wees, dit vat soms 'n maand tot 6 weke om af te kom na normaal toe op die pille. Dit kan dalk ook van nekspierspasma wees, so kyk of sy nek styf en gevoelig is?>
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement