advertisement
Question
Posted by: Daleen | 2004/10/21

Man kry gereeld Migraines

Goeie dag dok

My man is 'n migraine lyer. Albei sy ouers en sy Oupa aan sy ma se kant kry ook migraines. Ek weet nie of dit oorerflik is nie.

Ek en die huisdokter het al alles probeer van Imigran®, Maxalt®, Naramig® en dit doen him niks. Dit laat hom nie eers slaap nie. Hy gaan dan die volgende dag vir pethidine en stimitol inspuitings om die migraine te "breek". Al wat werk is 'n maksimum dosis (100ml) van pethidine en stimitol. Hy kry die migraines 1 tot 2 keer per maand. Watter ander terapie of medikasie is daar wat ons kan probeer?

Ek weet mens kan verslaaf raak aan pethidine, maar dis al wat help. My ander vraag is hoe beinvloed pethidine 'n man se spermtelling? Ek probeer swanger raak en wil weet of dit 'n uitwerking op die sperm gehalte.

Dankie vir die raad en antwoord
Daleen

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Daleen, die pethedine is definitief nie ‘n goeie opsie nie – hy moet eerder iets soos Tramal® 100mg probeer. Die beste sal wees om ‘n neuroloog te sien en dot uitgesorteer te kry. Sterkte.
NS, Pethedine sal nie sy spermtelling noemenswaardig beïnvloed nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement