advertisement
Question
Posted by: GEBREEKTE HART | 2005/01/06

MAN HET VERHOUDING GEHAD

TWEE WEKE TERUG HET EK UITGEVIND MY MAN HET 'N VERHOUDING GEHAD, HY HET MY VERSEKER DIS VERBY EN IS BAIE JAMMER OOR ALLES. HOE KAN EK HOM GLO? MY HELE LEWE VOEL OF DIT VERBY IS. EK WEET NIE HOE OM VERDER AAN TE GAAN NIE, WANT EK VERDIEN DIT NIE. SAL 'N MENS OOR SO IETS KAN KOM? EK WIL VIR NIEMAND VERTEL NIE, WANT DIS TE PERSOONLIK - MAAR EK MOET MET IEMAND PRAAT ANDERS VREET HIERDIE DING MY OP

HELP ASB

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

It's not easy to believe him, or to know ewhen, if ever, to believe him. What you both would need is some marriage counselling, eg through FAMSA< to understand what happened, who and how it happened, and if and how it can be prevented from happening again.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

8
Our users say:
Posted by: GIRL | 2005/01/07

MY MAN HET VIR 1 JAAR EN 7 MAANDE 'N PLATONIESE VERHOUDING ONDER MY NEUS GEHAD EN IN DAAI TYD WAS HY SO LIEFDEVOL TEENOOR MY. HY HET HAAR SELFS IN MY TEENWOORDIGHEID GEBEL, HAAR NA ONS DORP TOE LAAT KOM VIR 'N PAAR DAE EN EK HET NOOIT IETS VERMOED NIE. ALLES HET EERS SIN GEMAAK TOE SY MY DAARVAN VERTEL HET. HY HET VIR HAAR VERTEL EK EN HY IS AL JARE UITMEKAAR EN DAT ONS SEUN MY KIND MET 'N ANDER MAN IS. HY HET NOG STEEDS ALLES AFGESTRY TOTDAT HY BEGIN BESEF HET EK WEET ALLES. HY HET NOG NIKS WEER PROBEER NIE, MAAR EK BLY MAAR AGTERDOGTIG SOOS JY SE, WANNEER VERTEL HY DIE WAARHEID, WANNEER KAN EK HOM GLO? DIT WAS 4 JR GELEDE MAAR VOEL SOOS GISTER. WAT EK NET VIR JOU KAN SE IS DAT JY JOU BESTE MOET PROBEER OM NIE VERBITTERD TE WORD NIE WANT DIS WAT EK GEDOEN HET, NOOIT MET IEMAND GEPRAAT OOR DIT NIE NOU IS EK SO SKEPTIES EN VERBITTERD TEENOOR HOM EN ALLE MANS. ONS HUWELIK VORDER GOED EN EK IS BLY EK HET HOM TERUGGEVAT WANT EK IS LIEF VIR HOM, MAAR EK MOES DIT BETER HANTEER HET. EK MOES GEPRAAT EN MISKIEN BERADING GEKRY HET. VANDAG TROOS EK MY AAN WAT DIE VROU VIR MY GESE HET, VOLGENS HAAR WAS HY ENKEL MAAR HY HET NOOIT SO VER GEKOM OM HAAR NA SY FAMILIE OF VRIENDE TOE TE VAT NIE, ALTYD NET HAAR VRIENDE, HY NOOIT VAN TROU GEPRAAT NIE EN SY MOES HOM ALTYD NET HELP OM DOBBELSKULD TE BETAAL. MY PUNT: MOENIE TE MAKLIK OPGEE OP 'N GOEIE HUWELIK NIE, MAAR WERK DEUR DIT MOET DIT NIE WEGWENS NIE. STERKTE EN HOU JOU KOP HOOG!

Reply to GIRL
Posted by: Anon | 2005/01/06

Ja, ek weet presies wat jy voel. Ek en my man was ook 7 jaar getroud toe ek uitvind hy het 'n "plantoniese verhouding", wat ook net bestaan het uit sms en bel. Maar glo my dit is nou 5 jaar gelede, en dit voel as of dit gister gebeur het. Ek het hom vergewe...maar dit is moeilik om te vergeet. Ons gaan goed aan in ons huwelik...maar daar het iets binne my dood gegaan, ek is nie meer dieselfde mens nie.
Dit sal goed wees as julle vir berading gaan, want ek is spyt ons het nooit gegaan nie.
Sterkte en gaan op jou knieë en vra vir hulp van bo...glo my dit help.

Reply to Anon
Posted by: CP MOM | 2005/01/06

WIE SAL WEES ? net hy ! maar jy't nodig om klaarheid te kry om dit te verwerk en te verstaan.

Gaan soek hulp asb ? Ek hoop hy is ook bereid anderste is dit klaar verby.

Sterkte - ja jong ons float maar altyd hier rond - hou maar Shaun se postings/antwoorde dop die man is briljant!

Reply to CP MOM
Posted by: GEBREEKTE HART | 2005/01/06

BAIE DANKIE DAT DAAR IEMAND IS WAT BEREID IS OM TE LUISTER - AG EK BEDOEL - LEES. DIT VOEL OF IEMAND DAREM NOU OP HIERDIE OOMBLIK AAN MY DINK. VOLGENS MY MAN WAS DIT NET 'N PLATONIESE VERHOUDING WAT UIT BEL EN SMS BESTAAN HET. OP 'N MANIER GLO EK HOM, WANT EK KON NIKS FOUT VIND MET ONS LIEFDESLEWE NIE EN HY HET NIKS VERANDER NIE. MISKIEN WAS DIT 'N EGO BOOST GEWEES, WIE SAL WEET

Reply to GEBREEKTE HART
Posted by: CP MOEDER | 2005/01/06

Jy weet my eks man het my na 11 jaar van getroude lewe verneuk (NOOIT OOIT VOOR DIT NIE) en ons is geskei en hy's weer getroud en hy't haar nog nooit verneuk nie - hy's 'n baie goeie man.

So ja mens "slip" op somtyds maar nie oor en oor nie. Ek dink Nina is reg julle moet vir berading gaan. Jy weet daat is baie min goeie mans oor in hierdie ou wereld ek's al 7 jaar geskei en ek kan jou rillers vertel. So dalk "better the devil you know?"

Dis seker die seerste seer as jy verneuk word maar jong ek't een keer gelees :

VROUENS GEE SEX OM LIEFDE TE KRY
MANS GEE LIEFDE OM SEX TE KRY

Wat ek eintlik probeer se (nie dat dit, dit makliker maak nie) maar mans se altyd dat dit net sex was ....

Aai mens ek dink aan jou en sterkte - hoop ons hoor gereeld van jou hier en ook die vordering ?

Reply to CP MOEDER
Posted by: GEBREEKTE HART | 2005/01/06

CP MOEDER

ONS IS 7 JAAR GETROUED EN IS 'N SAAMGESTELDE FAMILIE MET MY KIN, JOU KIND EN ONS KIND. DAAR IS 4
SY VORIGE VROU IS OORLEDE EN EK WAS NIE GETROUD MET DIE GEBOORTE VAN MY DOGTER 13 JAAR NIE

Reply to GEBREEKTE HART
Posted by: lady nina | 2005/01/06

hi daar

ek is so jammer vir jou,hoe goed onthou ek nie die gevoel nie ( en ek is seker 95% van alle mense)

daar le vir jou a baie harde tyd voor en ek hoop jou man verstaan dat dit nie net a kwesie van vergewe en vergeet is nie ( jy kan dit doen maar dan sterf iets binne jou en ongelukkig is daai "iets" baie belangrik en kan jy nie jaar na jaar daar sonder nie) julle sal moet professionele hulp kry as jy regtig dinge weer wil regkry - hy moet verstaan hoekom jy voel soos jy voel en wat le voor, as hy enigsins dit af maak as niks het jy probleme girl want dan SAL hy dit weer doen

hy moet besef dat daar nou geen of bitter min vertroue en respek tussen julle is en dat GEEN mens iets so kosbaars weer sommer net vir iemand gee nie, vertroue en respek moet hy eers verdien, hy het geen reg om te dink jy gee dit net omdat hy gese het " sorry ou girl" nie.

al wat goed is van die hele gebeure is dat jy weet jy kan dit oorleef ( ook maar net) maar ja jy het dit wat dit vat om weer op te staan , jy is sterker as voorheen en nou kan jy n beter mens word deur te besef dat geen mens die mag het om jou te breek nie ( en moet nie weer so baie power aan enige iemand gee nie!)

ja dis hel en die einde van a sprokie en of julle weer dinge sal kan uitwerk is nie a feit nie MAAR meisiekind jy het oorleef - die lewe het jou a taai klap gegee maar jy het oorleef

moet nie met a klip in jou hart loop nie, se hom hoe jy voel en beleef al die deurmekaar emosies, dit moet uit jou gestel kom voor genesing kan plaasvind

sterkte

nina

Reply to lady nina
Posted by: CP MOEDER | 2005/01/06

My hart gaan uit na jou, vrou.

Hoe lank is julle getroud ?
Het julle kinders ?

Reply to CP MOEDER

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement