advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2007/03/26

MAGNESIUM / KALIUM

Hi Dok.

Ek was so 'n rukkie gelede na my GP omdat my hare baie uitval en ek is kronies baie moeg/duiselig. Hy het 'n volbloed-telling gedoen, Hormone en Skildklier. Alles het normaal teruggekom, maar my hare val nogsteeds uit! Ek kan daagliks voel hoe dit verminder. Ek is 31, het 2 jaar gelede 'n Histerektomie gehad. Ek gebruik nie enige medikasie nie. Ek het wel 'n matige Mitral Valve Prolapse wat gemonitor word. My GP het (sonder om die bloedtoetse te doen) vir my telefonies gesê ek moet 'n SLOW-MAG en Kalium aanvulling neem.

Wat my egter nou bekommer: ek is op die oomblik op 'n Herbalife dieet (kry dus 100mg Magnesium daardeur in) ek drink daagliks die SLOW-MAG (400mg) en ek drink M VIT M vitamines wat OOK Magnesium het. Ek is nie oorgewig nie (BMI 24) en rook en drink nie.

Wat gebeur as 'n mens TE VEEL Magnesium inneem?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Cornel
Eerstens wil ek jou aanraai om 'n Dermatoloog te sien vir die haarverlies. Tweedens is die Aanbevole Daaglikse Toelaag (ADT) vir magnesium 400 mg per dag, dus behoort jy of net die Slow-Mag te neem, of die Herbalife en die M VIT M produk. Oormatige magnesiuminname kan moontlik nierstene veroorsaak, en dit is altyd beter om nie meer as die ADT van enige vitamien of mineraal in te neem nie, aangesien mens nog addisionele nutriënte inkry van jou kos.
Maar gaan sien asb 'n Dermatoloog oor die hare wat uitval.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2007/03/27

Ek het nou van gister-aand af diaree! Kan dit die oorsaak wees van te veel MAGNESIUM?

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement