advertisement
Question
Posted by: Cathrine | 2004/02/23

MAAGSERE

Hi Doc, Ek het pas gehoor dat ek drie maagsere het, die dokter het nie vir my gesê wat ek mag eet en wat nie. Is daar
enige kosse wat ek moet vermy? Ek is op die oomblik op Controlloc geplaas vir 2 weke. Gaan die sere nou weg wees na twee weke of is dit 'n croniese toestand.? Ek is baie dom, is daar 'n plek waar ek meer kan gaan lees hieroor?

Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Cathrine, as jy regtig 3 maagsere het gaan Controloc® vir twee weke nie genoeg wees nie. Ek neem aan dis deur middel van ‘n gastroskopie gediagnoseer want anders is daar geen manier om die diagnose van drie maagsere te maak nie. Weet jy of hy biopsies geneem het en weggestuur het vir H. pylori? Laat weet maar en dan neem ons dit van daar. Pos asb. jou antwoord as ‘n nuwe vraag om te verseker dat ek dit kry.
Sovêr dit die diëet aangaan is daar geen bewys dat ‘n verandering in diëet die genesing versnel of die herhaling voorkom nie. Daar is bewys dat peper, alkohol (groot hoeveelhede), sigarette en sekere geneesmiddels (aspirien, Brufen®, Voltaren®, ens.) ‘n negatiewe invloed het. Verder moet jy maar die spesifieke voedselsoorte (gewoonlik goed soos vrugtesap, kerriekos, tamaties, ens.) wat in jou geval jou simptome vererger, vermy.
As jy meer inligting soek kan jy my by CyberDoc@mweb.co.za e-pos en dan “cut & paste” ek vir jou iets. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement