advertisement
Question
Posted by: nita | 2007/03/12

maagkrampe

Ek het so 'n rukkie terug blaasinfeksie gekry en na die antibiotiese behandeling het dit weer teruggekeer saam met vreeslike maagkrampe ens. Het weer antibiotika gekry en nou ongeveer 'n 2 weke later het ek weer maagkrampe en diaree. Ek het probiflora gekry om saam met die antibiotika te gebruik maar het ongehou nadat die kursus klaar was. Moes ek voortgegaan het met die Probilora en kan dit wees hoekom ek weer krampe kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nita
Ja ek dink jy moet asb maar aangaan met die probiflora - die kursusse antibiotika so kort opmekaar kon dalk jou normale dermbakteriee bietjie dood gemaak het. Probeer Scopex vir die krampe en Immodium vir die diarree (as jy nie allergies vir dit is nie) maar as dit aanhou moet mens dalk bietjie stoelgang lab toe stuur om te kyk of jy nie 'n weerstandige kiem het nie.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Cornel | 2007/03/12

Terwyl jy vir 'n Kundige wag om jou te antwoord, net die volgende: die antibiotika maak die "goeie" bakterieë in jou liggaam dood, daarom moet jy PROBIFLORA na die tyd gebruik om weer balans te bring. Jy kan ook Yogurt eet om daardie balans weer te herstel. Kan nie skade doen om nog vir 'n rukkie lank die PROBIFLORA te drink en Yogurt te eet nie. Dit sal beslis help vir die krampe/diaree. BEVISPAS en BOSCUPAN sal ook verligting bring vir maagkrampe.

Sterkte, ek hoop dit help.

Reply to Cornel

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement