advertisement
Question
Posted by: Gesiggie | 2007/04/25

Maag pyn

Ek kry al vir die afgelope paar jaar (omtrent 3/4 maande uit mekaar) 'n episode waar ek die oggend niks makeer nie, dan op 'n stadium kry ek net 'n vreeslike pyn oor my buik/blaas area wat dan die heel dag daar bly. Somtyds sukkel ek dan daardie dag om 'n ordentlike stoelgang te kry, maar my maag is nie opgeswel of opgeblaas nie en indien ek wel 'n stoelgang het, maak dit nie 'n verskil nie. Maag bly seer. Ek het ook nie dae voor of na dit diaree of hardlywigheid nie. Oor die algemeen het ek elke dag 'n gemaklike stoelgang. Net vir daardie dag is dit anders. Ek het alreeds my Galblaas laat verwyder.

Scopex of Buscopan bring ook nie verligting nie. Die volgende dag is die pyn weg en ek weer normaal. Wat kan dit dalk wees?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Gesiggie
Dit kan dalk 'n ovulasie pyn (mittelschmerz) wees - miskien moet jy dat jou GP kyk as dit weer gebeur.
sien http://www.mayoclinic.com/health/mittelschmerz/DS00507
Ander opsies is blaaspyn, of 'n ovarium sist. Mens sal met 'n sonar en urine toets dit kan uitskakel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement