advertisement
Question
Posted by: Y | 2007/12/19

Maag

Haai Dr

Ek het Sondagoggend net skielik die vreeslikste maagpyn gekry. Kon skaars regop staan. Het gaan le en n bietjie beter gevoel. Die oggend so 2 uur het ek regtig sleg gevoel!!! Ek het opgestaan en badkamer toe gegaan. Toe ek in die badkamer kom, het die sweet my uitgeslaan en gevoel of ek gaan flou word, Het dit net gemaak vir my bed. Het twee Buscopans gedrink en die pyn het ligter geword. Ek het gisteraand (Dinsdag) weer vir die eerste keer geeet. As ek geeet het, het dit gevoel soos messe in my maag. Gisteraand toe ek so staan en oor my maag vryf, voel ek iets snaaks. Bo my naeltjie en net onder my borste, het ek iets hards gevoel. Nie seker hoe om dit beskryf nie. Voel soos langwerpige knoppe. Dit het rond geskuif. Ek is nie oorgewig nie. Ek kon my maagspiere voel en dan die harde goed. Wat kan dit wees? Het dit nog nooit gevoel nie. Kan dit dalk deel van my kolon wees wat miskien in spasm is? Het maar net gewonder. Het nogsteeds die maagpyn en n brandgevoel aan my regterkant waar my eierstok sit en n brandpyn in my lies. Is dit maar net n maagvirus?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Y
Dit kan dikderm in spasma wees of 'n verstopping in die dikderm, maar die pyn wat jy beskryf pas eintlik beter by 'n maagseer! Ek dink jy moet liewer jou dokter sien!
dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement