advertisement
Question
Posted by: Sylvana | 2007/07/20

Maag

Ek het die afgelope 3 weke intense pyn op die krop van my maag. Dit begin tussen my borste en beweeg af na die krop. Die gevoel wat ek kry is soos wanneer jy 'n groot stuk kos sluk en dis droog so dit voel asof dit vassit en stadig afbeweeg. Die pyn hou vir ' n paar minute aan en kom en gaan redelik opmekaar. Was vir 'n gastroskopie 29/06/07 en daar is bevind ek het 'n 3cm breuk en skade aan sluk as gevolg van suur. Is no op Lansoloc 30mg. Maar die pyn is ondraaglik . My suurclakke mag dalk nou beter wees maar hoe kan die pyn nog so kom en gaan. Het die gastroenloog ge -|- ak en hy sê ek moet Bevispas ook drink vir die gasse. Ek moet sê as ek die pyn kry en sluk water dan voel dit vir daardie paar sekondes beter, maar daarna soos vandag kry ek baie swaar. Dit ontstel my, want my lewe kan mos nie so onaangenaam wees vorentoe met die gevoel nie.

Daar is 'n buiksonar ook gedoen in Des 2006 maar daar is geen tekens van galstene.

Die dr sê ook dat ek 'n erge vorm van spastiese kolon kan hê wat in elke geval gedianosseer was met my kolonoskopie in 2005. Is natuurlik 'n baie gespanne persoon van geaardheid en hardlywig en is 44 jaar binnekort.

Is nou ook bang om enigiets te eet, wat dalk die gevoel kan "trigger".

Het vandag begin met Oatspap, gevolg met peer en later piesang. Is besig om Sinusitus te kry drink toe ACC 200 bruistablet en net daarna toe begin die pyn en dit wil nie ophou nie.

Drink vir die afgelope 19 jaar baie getrou 2-3liters gesuiwerde water uit my tenk wat ek laat installeer het ten duurste.

Hoop jy kan my opbeur met 'n goeie antwoord. Vandag voel ek slegter as ooit.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Sylvana

Dankie dat jy health24.com besoek het.

Dit klink vir my asof jy in goeie hande is by jou Gastroentroloog, maar 'n tweede opinie is nie 'n slegte idee nie. Ek stel ook voor dat jy die Gastroentroloog vir 'n dieet vra wat jy baie getrou sal moet volg, aangesien sekere kosse jou suurvlakke kan verhoog.

'n Produk soos Gaviscon Advanced kan saam met jou ander medikasie gebruik word.

Jy klink baie angstig en 'n kort kursus angsiolutikum, bv. Ativan SL 1 mg, twee keer per dag, sal wondere verrig.

Ek vertrou dat die bogenoemde inligting van hulp sal wees.

Groete


Dr Anrich Burger

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement