advertisement
Question
Posted by: lulu | 2004/10/12

Ma se seuntjies - Vir Lol en Johan

Hallo Johan. Long time... Dit gaan goed met my, dankie. Hoe gaan dit nog met jou?

Lol, ek stem saam met Johan hier. Sy ma klink voorwaar ongebalanseerd. Eintlik grens haar verhouding en siening van hom aan siek. Wie noem jou seun jou tweede man?? Sy het hulp DRINGEND nodig, en hy sal nie sleg doen as hy saamgaan vir 'n sessie of twee nie.

Deur jou dreigemente om hom te los oor sy ma nie ernstig op te neem nie, wys vir my dat hy nie regtig soveel vir julle verhouding omgee nie. Hoekom mors jy jou tyd met hierdie ou? Johan slaan die spyker op die kop wanneer hy wonder hoeveel haar invloed op hom sy persoonlikheid verander het.

Ek is heeltemal vir respek vir jou ouers en skoonouers, maar daar is perke. Toe jy in sy lewe gekom het, het jy NOMMER EEN status gekry. Dit behoort nie te voel asof jy en Mamma in kompetisie is vir sy liefde en aandag nie.

As hy skuldig voel omdat sy ma hom in die lewe gebring het, is hy nie baie wel nie. Wat het hy om oor skuldig te voel? Het hy haar swanger gemaak met homself teen haar wil??

Dit klink nie net vir my soos 'n movie script nie, maar eerder soos Worsie en sy ma van Vetkoekpaleis.

hehehe Ja, Johan, ek praat graag vir myself, maar ek het spesifiek nie in hierdie geval nie, omdat ek nie eintlik aan iets mooi kon dink om te sê oor hierdie slapgat ou nie. Anyway, nou het jy my tegnies gedwing om dit te doen, so ek hoef nie sleg te voel nie. (o;

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

,,,,,

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

6
Our users say:
Posted by: Lol | 2004/10/25

Hi, dis net week ekke....
Gister was weer een van daai dae by die huis...Mammie is als!!!My aanstaande skoonsus het gister probeer selfmoord pleeg..."overdose pills, with jik" just because she's tired of her husband spending 24hours with mommy....Hy werk in Angola en sien sy gesin net elke 3maande....maar as hy hier is, dan is hy meer met sy ma as met sy eie vrou!! Dis nie reg nie, is dit??Sy ma kry als, en sy moet maar net tevrede wees met al die 2de handse goed....Ek sit toe en praat met my boyfriend "also mommy's boy" en hy se, ja dit is sy ma, en hy sal ook elke dag by haar spandeer....Ek raak rerig moeg vir al die goed...Ons het laasweek 'n lekike uitval gehad, als net oor haar...As sy roep, dan spring hy....Maar toe ek hom vra net om bietjie by my ma te wil gaan kuier, toe kom hy met baie verskonings....Ek is ook jaloers op die eenkant, want sy kry als wat sy wil he by hom...as ek iets vra dan is daar altyd verskonings....ek weet nie hoe om my humeur te hou nie, ek nodig rerig hulp...Ek sal so kwaar raad dat ek ook iets sal doen...HELP ASB.....
Hoekom moet sy so wees??????Besef sy nie dat sy ook 'n man gehad het en dat hulle plekke gegaan het nie...Maar met ons wat graag erens heen wil gaan, o nee, sy moet saam....Ek kan nie meer nei...My ma het gese dat ek moet eerder terug kom huistoe......(Ek bly by hom en sy mammie) ;-(
Gee my raad asb....

Reply to Lol
Posted by: Johan | 2004/10/12

Ek spot/vlei nou nie as ek se jy klink cool/calm en collective nie.
Dalk ook waar die tersiere agtergrond inskop.
Wat van my? Wat wil jy weet sonder dat iemand my dalk erken? Redelik onnmoontlik ne, alhoewel hierdie wereld so klein is.

Kinders uit vorige huwelik: ek sou dit vandag goed kan hanteer, alhoewel die oorweldigende self-liefde en selfvertroue nie so uit my uit straal soos met paar ander mense dalk die geval is nie, wat absoluut 'n pluspunt is in so 'n situasie. Destyds se episode, jou geheue is kort, het oor 'n extreme geval gegaan van waar mens kalwerliefde gehad het en die persoon later weer raakgeloop het geskei met kinders, baie moeiliker as waar ek jou bv. ontmoet (maar jy is mos gelukkig getroud -swak voorbeeld) en daar is niks van die verlede wat ons bind/kan frustreer nie.
Ek is 'n dromer wat in 'n finansiele rigting gekwalifiseerd en werk en vir die afeliding jare gelede 'n M gedoen het, wat misleidend klink want ek haat die pyn van swottings omrede ek 'n procrastinator is, en dit dus vir myself pynlik maak, die swottings het nie gegaan omrede ek hierdie persoon gemotiveerde was wat wou verbeter nie, dit wel ook, maar eerder omrede ek tyd op hande gehad het (as getroude) en vir paar jaar saam met die jonger manne die kers heavy aan weerskante gebrand het -en ja, nouwel (Lulu gaan kritiek lewer) dit het mens destyds beweegruimte gegee. So 3 jaar van laatnag klasdraf, take doen, toetse eksamen skryf en proefskrif en toe is daar net 9 uit die oorspronklike klas van 60 oor wat dit maak, dis ook al weer paar jaar gelede verby. Glo nie dit was die moeilikheidsgraad wat die meeste gepootjie het nie, eerder die feit dat met volgehoue klasse het die wie se werk sy pond vleis ge-eis het, gemaak dat hul nie kon volhou/byhou nie.

My liefde vir eie kinders, jongste reeds uit skool uit (moet nie vir my Oom se nie), skuldgevoel het gemaak dat ek nooit kon padgee uit huwelik waar dinge nie 100% gewerk het nie, sekere dinge wat vir 'n man belangrik is het ontbreek/was nie reg vir my liking nie, (self is sy 'n wonderlike vrou met hoe morele waardes) en kort van 'n miljoener te kon gewees het, sal ek nie loop sonder om skuldig te voel omrede ek haar nie finansieel sal wil drop nie, kan nog oor die morele redes verbykom en daarmee saamleef, maar ek gaan nie gelukkig wees deur 'n ongelukkige agter te los nie.

Maar daar laat ek my oop vir baie kritiek, en baie maklik om iemand anders raad te gee, maar self altyd toe te pas, minder maklik as die hart nie saam gesels nie.

Sorry, dit was heelwat meer as wat jy voor gevra het, daar ntbloot ek gedeelte van my lewe.

Reply to Johan
Posted by: lulu | 2004/10/12

Ja, middel van die jaar in Julie. Sagte steenbokkie?? Whatever... (o; Ek is geskei van 'n steenbokkie en julle is glad nie so sag en kwesbaar soos wat julle voorgee nie.

Ek dink ek het dalk al een of twee keer gekla oor my sorge in die verlede. Maar jy is reg, ek gee eerder raad as wat ek raad vat. (o; Ek dink ek het lank terug miskien een keer gekerm oor hoe jammer ek vir myself voel oor my seun se skielike epileptiese aanval of so iets. Miskien bietjie oor my sagte steenbokkie eks man of my man se eks vrou... Dis die enigste dinge wat my genoeg omkrap sodat ek soms nie vir myself raad het nie.

Jy's reg as jy sê mens het almal maar dinge waarvoor jy soms ondersteuning of bevestiging nodig het. Tipies van my sterreteken is ek VREESLIK emosioneel en oordrewe in alles wat ek doen, so ek moet ook maar versigtig wees om nie die dam onder die eend uit te ruk nie. Ek het 'n sielkunde graad, so dit help nogal.

Wat van jou? Jy het nog net een keer laat blyk dat jy nie van kinders uit vorige verhoudings hou nie. Nooit iets meer persoonlik as dit nie... Was mos hieroor wat ek jou kop afgeruk en in jou agterent opgedruk het, dan nie? hahaha

Reply to lulu
Posted by: Johan | 2004/10/12

As jy my aangevat het oor dinge wat ek gister gedoen het kon dit negatiwiteit tot gevolg gehad het (ek is 'n sagte Steenbokkie), maar dis dinge van jare gelede wat ek gedoen en ervaar het onder die omstandighede wat geheers het, en ek kan verstaan hoekom ek gevoel het soos wat ek wel destyds gevoel het. Maak mens heelwat ryper as jy spesifieke pad geloop het.

Het anderdag interresante stok-ou posting gelees onder jou naam van persoon wat gekla het oor huishoudelike omstandighede, gewonder of dit jy was, want jy gee normaalweg net raad en openbaar nie jou probleme/sorge nie. En dit klink of jy antwoorde het vir probleme, aan die anderkant is ons almal kwesbaar en het ondersteuning/bevestiging nodig as ons self in 'n spesifieke probleem-situasie opland.

Kreef, erens in die middel van die jaar?

Reply to Johan
Posted by: lulu | 2004/10/12

Ek is nie in 'n "neerkom op enigiemand" mood nie, so jy's veilig.

Dankie vir al die mooi woorde. Weet nie hoe jy al daardie dinge kon aflei uit die kort (en vreeslik bitsige) gesprekke wat ons gehad het nie, maar dankie anyway. As ek reg onthou was ek nogal 'n regte wyfie hond toe ons laas gepraat het?

Ek is 'n kreef. Dis seker nie so kwaai soos 'n skerpioen nie, maar sosiaal darem ook meer aanvaarbaar. (o;

Reply to lulu
Posted by: Johan | 2004/10/12

Hallo Lulu

Bly om te verneem ek kan jou so maklik "indwing" in iets in, en dat jy na die tyd nie sleg gaan voel nie!!

Nee, voor jy op my neerkom, dis net 'n (ou flou) grappie, weet jy is 'n standvastige, sterk-van karakter, goed van inbors, intelligente, wereldwyse, gebalanseerde dame. Anderdag gewonder of jy 'n skerpioen is of wat (lekker kwaai).

Reply to Johan

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement