advertisement
Question
Posted by: lulu | 2005/05/30

lus vir sout

More
Ek het in Oktober 2004 uitgevind ek is swanger. Ek het vreeslike "cravings" gehad vir sout goed. Aan die einde van Oktober het ek 'n miskraam gehad. Maar nooit het die lus vir sout goed weg gegaan nie. April 2005 het ek uitgevind ek is weer swanger. Die slag was die lus vir soutgoed 10 maal erger. Ek het begin gewig verloor. Ek het ook toe weer aan die einde van April 'n miskraam gehad. Die dr vermoed dit is klierkoors wat veroorsaak het dat ek die miskrame gehad het. Maar steed het ek hierdie onversadigde lus vir sout goed. Wel ek is 1.67m lank en weeg normaal weg 59kg nou met die dat ek gewig verloor weeg ek maar 56kg. Een week tel ek op en die volgende verloor ek meer as wat ek opgetel het. Maar steed bly die lus vir sout daar. Het die lus vir sout dalk iets te doen met die klier koors? Ek drink multi vitamien aanvullings en kalsium en magnesium aanvullings. Is daar iets wat ek kan doen om die lus te bevredig sonder om myself na skyfies ens te vergryp? Dit is aaklig om die oggend wakker te word en die eerste ding waaraan ek dink is wat kan ek eet wat lekker baie sout op het. Ek wil net byvoeg dat ek myself beperk met die sout inname. Al het ek die vreeslike lus, eet ek my gewone hoeveelheid sout in kos en miskien 1 pakkie sout en asyn skyfies. Byvoorbaat dank

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lulu
Het jy al ooit hierdie drang na sout vir die dr genoem? In sommige gevalle is so 'n gier 'n teken van 'n onderliggende fisiese probleem soos bv 'n bynierkwaal. Bespreek asb die sout gier met jou dr wat jou vir die miskrame behandel. Die gewigsverlies kan ook dui op onderliggende probleme wat miskien verband hou met die miskrame. Ek kan net vir jou aanbeveel om die dr te raadpleeg en om die lus na die soutighede te beheer want oormatige soutinname kan die niere aantas.,
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Rentia | 2014/10/05

Baie, baie dankie ek waardeer dit baie. Ek sal defnitief dit vir my dr sê. Dit was nog nooit so erg gewees nie. Ek sal sommer 'n hele houertjie olywe eet. Groete

Reply to Rentia

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement